Twee in hof ná hulle glo non verkrag, vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Die twee mans wat aangekla word van die verkragting van en moord op Gertrud Tiefenbacher, ʼn 86-jarige non, sal Dinsdag in die Ixopo-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn.

Mondli Michael Shozi (26) en Sbongiseni Phungula (25) staan albei tereg op aanklagte van moord, verkragting en roof.

Tiefenbacher, wat oorspronklik van Oostenryk afkomstig was, se liggaam is op 19 April langs haar bed in haar kamer in die Sacred Heart-klooster gevind. Haar hande was met die elektriese koord van haar tikmasjien vasgebind en ʼn nat handdoek, waarmee sy vermoedelik versmoor is, was oor haar gesig.

Shozi en Phungula het verlede week hul borgtog-aansoek laat vaar.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.