Twee in hof ná klapper in seun (12) se gesig ontplof

Sebastian en Demane Pillay buite die hof. Foto: ANA

Sebastian en Demane Pillay buite die hof. Foto: ANA

Twee broers wat na bewering ʼn klapper aan ʼn 12-jarige seun gegee en hom aangesê het om dit aan te steek voordat dit in sy gesig ontplof het, het Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê Sebastian (25) en Demane Pillay (27) is op borgtog van R500 elk vrygelaat. Hulle staan tereg op ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Naidu het gesê daar is aanvanklik vermoed dat drie verdagtes by die voorval betrokke was, maar slegs twee van die verdagtes is uiteindelik aangekla nadat die derde verdagte nie positief met die voorval verbind kon word nie.

Volgens Naidu het die voorval Sondag in die vroeë oggendure in Beachweg plaasgevind. Ooggetuies het aanvanklik aan die polisie gesê die twee broers het vir die seun, Shane Witbooi, die klapper as ʼn “sigaret” aangebied en toe hy dit in sy mond sit, het hulle dit vir hom aangesteek. Die klapper het ontplof en erge skade aan sy gesig aangerig.

Naidu het egter Woensdag gesê dat daar sedert die inhegtenisneming teenstrydige weergawes van die gebeure na vore gekom het. “Die inligting wat ons tot op hede het, het ons by ooggetuies gekry wat op die toneel was, aangesien die seun nog nie kan praat nie. Die polisie het daarom nog nie ʼn verklaring by hom afgeneem nie.

“Skynbaar het daar intussen ander weergawes van die gebeure uitgekom. Daar is ook waarskuwingsverklarings by die twee verdagtes afgeneem, maar die inhoud daarvan kan nie nou bekendgemaak word nie omdat dit deel vorm van die bewyse. Die ware gebeure sal dus tydens die verhoor beslis word, indien die saak op verhoor gaan,” het sy verduidelik.

Sy het gesê die Pillay-broers moet weer op 13 Maart in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jean ·

Hulle gaan weer niks oorkom nie, want alles is mos ‘n GRAP. Dis mos ‘n grap as hulle klappers aan HONDE vasmaak en hulle uitmekaar uit skiet of klappers in hulle monde of ander plekke indruk en die arme diere uitmekaar geskiet en verbrand word, waarvan ons honderde gevalle oor Desember gesien het. Dan word ons mos as greenies uitgeskel. Nou dat ‘n kind se gesig uitmekaar geskiet is en soveel ander kinders se hande, hoop ek dit kry nou aandag, maar ek twyfel, HONDE KAN MOS NIE PRAAT NIE, hulle moet al die marteling verduur en in hulle eie bloed verdrink agv die skade wat BELAGLIKE MENSE wat van klappers hou hulle aandoen. SKANDELIK!!

Ilse ·

Sommige mense het net geen respek vir die lewe nie.
So hartseer.

Marita ·

Wanneer sal ons regering wakker skrik en alle klappers verbied!

Hettie ·

Ag nee arme 12-jarige seun! Hy moet ook vir hulle (2 broers) gee sodat hulle moet voel soos hy! Want dis eina so hy kon dood gewees het! Sterkte 12-jarige seun! Hoop een van die dag hy kan praat!

Veronica ·

Is dit nou een van hule nuwe rituele? Di mense wil mos ni dat klappers verban word ni want het dit mos nodig vir al hule “feesvieringe”. Alles word mos geregverdig rondom hule geloof en “culture”. Baie jammer vir di onskuldige kind.

Alta Kemp ·

Dis sulke dinge wat maak dat ons mense so uitgemoor en gehaat word want weereens word dit gesien as rassisme.

A nee a Alta ·

Waar val jy met rassisme uit? Daar was niks van enige ras genoem in hierdie artikel nie, en wat het dit met die moord op onskuldige mense te doen? A nee a, dit was onvanpas vir hierdie artikel.

Brie-brie ·

Twee broers wat in die middel twintigs is wat groot onafhanglike mans is en weet wat die klappers kan doen, gaan doen dit aan ‘n onskuldige minderjarige wat nou moontlik sy oog kan verloor. Die twee broers was of is onverantwoordelik en voel hulle moet alle mediese kostes dek en op toekomstige mediese hulp aan die minderjarige plus gemeenskapdiens doen aan mense wat beseer is aan sulke gevalle.

Susan ·

Wreedheid …. Ek het nie woorde nie. Hoekom klappers lankal nie verban is nie Weet net ons liewe regering ?

broos ·

regtig? hoe stupid kan jy nou wees? en dit op 25 en 27? julle verdien om toegesluit te word!!

Genoeg is genoeg ·

Waarom kan vuurwerke en klappers nie heeltemal verban word nie?? Dis nie net diere wat daaronder ly nie maar kinders ook en hoe kan volwasse mense so onverantwoordelik optree om sulke goed vir ‘n kind te gee. Dis om van siek te word. My broer se kind is afgelope naweek in die gesig gebyt deur ‘n hond wat getraumatiseer is agv al die vuurwerke. VERBAN VERBAN !!!!

Koot ·

die kinders se pa is n kolonel in die polisie. het n vooraanstaande prokureur gehuur vir die kinders.

Justice ·

Begin deur vir elkeen van die broers `n klapper as `n sigaret in hul monde aan te steek.

Liza ·

Siek siek siek……hoe kan mens dit doen……. het hulle nie verstand nie, en ek dink gladnie dis snaaks nie…… bring vir my die 2 dan kyk ons wat doen ek met hulle met ‘n klapper…….sterkte seun hoop jy genees gou……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.