Twee in hof na KZN-plaasmoord

Argieffoto

Argieffoto

Twee 18-jariges het Maandag in die Greytown-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met die moord op Sarel David Theron (49).

Die verdagtes staan tereg op aanklagte van moord en gewapende roof. Die saak is tot 18 Julie uitgestel, wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

Theron se liggaam is Dinsdag omstreeks 09:00 by sy huis op sy plaas in Seven Oaks gevind, nadat hy nie Maandag by die werk opgedaag het nie. “Een van die plaasbestuurders het op sy liggaam afgekom en die polisie is ontbied,” het lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, vroeër gesê.

Theron het steekwonde gehad en hy is vermoedelik ook gewurg. Hy is Sondag laas by sy huis gesien.

ʼn Skootrekenaar, selfoon en ander goedere wat uit die huis gesteel is, is in die verdagtes se besit gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kobus ·

18j. Nog nie eers gebore na die sogenaamde vryheid. Waar kom die kultuur van moord en geweld vandaan ?? Ek dink ons moet ma net na die onbekwaamde politikuse kyk. Wonder ma net hoe lank nog !!

tamboti ·

SA is nou nie net meer die voorste land in die wereld wat misdaad betref nie, ons word nou die misdaad akademie van die wereld: Almal is welkom, groot en klein, jonk en oud, kom na SA en kry kommervrye misdaad opleiding met regte egte mense as proefkonyne. En die beste van alles: die SA regering sal jou op hul hande dra!
SA is the land of opportunity – criminal that is!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.