Twee in hof ná moord op DA-raadslid, man

Monica en Basil Deniacos. (Foto: verskaf)

Twee mans sal na verwagting vandag in die Dealesville-landdroshof verskyn in verband met die moord op Basil en Monica Deniacos.

Die Valke het Saterdag bekend gemaak die twee verdagtes, 25 en 29 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat ʼn huiswerker Vrydagoggend op die egpaar se bebloede liggame afgekom het.

Peter Dorfling, Monica se seun, het intussen aan Rapport gesê die verdagtes wat in hegtenis geneem is, is Malawiërs wat vir sy ma en stiefpa gewerk het. Hy is egter nie oortuig dat hulle die Deniacos-egpaar vermoor het nie.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het vroeër gesê die egpaar se Toyota-bakkie, registrasienommer DPL 149 FS, en ʼn vuurwapen wat tydens die moord gesteel is, is steeds soek. By nadere ondersoek is intussen vasgestel dat die egpaar vermoedelik al Donderdagaand vermoor is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn huiswerker het Vrydag omstreeks 07:30 op Monica (68) se bebloede liggaam in die gang van die egpaar se huis in Dealestraat afgekom. Haar man, Basil (74), se bebloede liggaam is in ʼn kamer tussen ʼn bed en die muur gevind.

Monica, ʼn gemeenskapsaktivis, was sedert 2017 die DA se enigste raadslid in die Tokologo- plaaslike munisipaliteit.

“Dit is ʼn verskriklike groot skok. Ons is geweldig hartseer,” het Nomawethu Sbukwana, die DA se provinsiale woordvoerder in die Vrystaat, aan Maroela Media gesê.

“Raadslid Deniacos het altyd die gemeenskap van Tokologo, wat Dealesville, Boshof en Hertzogville insluit, na die beste van haar vermoëns gedien. Sy was ʼn geliefde openbare verteenwoordiger van die party.

“Monica was ook jare lank ʼn vooraanstaande sakevrou in Dealesville,” het Patricia Kopane, DA-leier in die Vrystaat, gesê.

“Die DA wil sy medelye met haar familie, geliefdes, vriende en die gemeenskap van Tokologo in dié hartseer tyd betuig.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die ondersoekbeampte, ao. Hennie Brummer, by 082 466 8604 te bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

John ·

Dit is nie die eerste keer in die geskiedenis dat werkers vir moorde op hul werkgewers aangekeer word nie… ook nie uitlanders nie. Die seun moet nou maar self die skuldiges soek.

Cherokee ·

Wat as die seun reg is maar jy onthef die polisie van verdere soektog, John?

Johan ·

Die aangeklaagdes kon moontlik ‘n deel van ‘n groter groep gewees het. Hulle kon die motor dalk aan ander skelms “verkoop” het. Maar laat die polisie die saak ondersoek. Dit sal wel aan die lig kom of hulle ‘n aandeel aan die afskuwelike moord gehad het, of nie.

Charmain ·

Dit wys jou net. Jy kan hoe goed vir hulle wees, maar jy kan hulle nooit, ooit vertrou! Ons het geleer op harde manier. Hul sal met jou glimlag, maak of hul baie erg is vir jou. Maar draai jou rug, en jy is dood!

Afrikaanse nooi ·

Haai, jy praat so charmaine . Na die moord op my man het ek hier in Nederland kom bly, ek stem saam wat jy se, en geglo dit sal beter wees hier? My buurvrou hier is ook so

Al ·

Dit is gereeld dat buitelanders vir moord op wit mense aangekla word in SA.
Ek wonder hoe lyk die buitelanders se moordgetalle teenoor wittes in hul lande van oorsprong?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.