Twee in hof ná moord op Pofadder-hoteleienaar

Leon Brits en sy vrou Suretha. (Foto: Verskaf)

Twee mans het Maandag in die landdroshof in Pofadder in die Noord-Kaap verskyn in verband met die moord op Leon Brits.

Jacques van Vuuren (34) en Enrich Williams (37) het vlugtig in die hof verskyn en die saak is tot 26 Oktober vir ʼn borgtogaansoek uitgestel, het brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, gesê.

Brits, eienaar van die gewilde Pofadder-hotel, is op 7 Oktober vanjaar dood in die swembad van sy huis op dié dorp gevind.

Hy is vermoedelik verwurg en met ʼn skerp voorwerp gesteek voordat sy liggaam in die onderdakswembad agtergelaat is.

ʼn Gesamentlike taakspan van provinsiale georganiseerde misdaad, die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke, en speurders van Pofadder en Springbok onder leiding van brig. Dick de Waal het die twee verdagtes Vrydag in hegtenis geneem.

Williams is in Piketberg in die Wes-Kaap aangekeer en Van Vuuren is in Kathu in hegtenis geneem.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ES ·

Dis so tragies, ek hoop sy familie vind berusting. Die hoeveelheid moorde die laaste ruk is net skokkend.

katerinadiekat ·

Dalk ken sy hulle, dis n klein dorpie. Dit beteken nie automaties dat sy hulle gehuur het om haar man te vermoor nie. Good grief…skud maar net my kop.

Phillip ·

Hier is n slang in gras ek riuk n rot huur moord moet baie geld miskien he

Stofbakkies ·

Iets is nie lekker nie, beslis nie ‘n gewone plaasmoord nie, net my opinie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.