Twee in hof ná moord op tiener in Atlantis

Jordan Moore (Foto: ANA)

Twee mans het Dinsdag in die Atlantis-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn in verband met die moord op die 16-jarige Jordan Moore.

Daar word beweer dat die verdagtes, onderskeidelik 18 en 24 jaar oud, Jordan Vrydag ontvoer het. Hy is verskeie kere met ’n mes gesteek en is toe glo deur die mans se honde verskeur.

Die twee het Dinsdag in die hof aangedui dat hulle nie om borgtog gaan aansoek doen nie. Die saak is tot 22 Januarie 2021 uitgestel.

“Honderde inwoners van Atlantis het die oggend buite die hof saamgedrom om geregtigheid te eis,” het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê. Hulle het onder meer “Geregtigheid vir Jordan” en “Genoeg is genoeg” luidkeels buite die hof geskree.

Die twee mans wat in die hof verskyn het (Foto: ANA)

Die twee mans is die afgelope naweek vasgetrek in verband met die tiener se moord nadat sy liggaam Vrydag omstreeks 22:30 gevind is.

Jordan en twee van sy vriende is Vrydag deur twee mans genader wat hulle glo wou dwing om drank by ’n plaaslike sjebien vir hulle te gaan koop. Twee van die tieners kon daarin slaag om te vlug en hulp te gaan soek, maar Jordan kon nie wegkom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis maar beter julle bly daar binne, want oe ee ee julle sal beslis nie die son sien onder gaan nie! Mag julle swaar gestraf word vir die arme kind

Jakes ·

Tragies dat n kind weereens vermoor is asof dit n goedkoop manier is om iemand die reg op lewe te ontneem. Hoeveel van hierdie siek mense loop daar buite rond?

Anoniem ·

En die regering en main stream media sal stil wees oor hierdie boosheid want dit is nie n ras kwessie nie en die regering is elkgeval uit om uitnodigings van private geleenthede te beveg eerder as moorde.

Lynette ·

So sê jy vir my dat die regering en hoofstroom media WEL berig en aandag gee aan ras-kwessies? Van wanneer af?

Dup ·

Absolute en brutale wreedheid.Die arme familie verdien nie soiets nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.