Twee in hof ná nagklub-moord

Carl Schoombie

Carl Schoombie

Brent Henry en Juane Jacobs verskyn Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof in verband met die moord op Carl Schoombie.

Schoombie het op 21 November saam met vriende by ʼn nagklub in Claremont in Kaapstad gekuier toe ʼn geveg uitgebreek het. Hy was egter nie daarby betrokke nie en het die klub in ʼn taxi verlaat.

Die taxi is in die rigting van Rondebosch deur ʼn ander voertuig, met twee mans daarin, glo Henry en Jacobs, van die pad af gedruk. Die twee het Schoombie en sy vriende glo daarvan beskuldig dat hulle die geveg begin het. Schoombie en sy vriende het glo herhaaldelik gesê hulle was nie betrokke nie, maar is nogtans erg aangerand.

Schoombie is met ernstige kopbeserings in ʼn hospitaal opgeneem waar hy ʼn paar dae later dood is.

Henry is kort ná die moord in hegtenis geneem terwyl Jacobs in Februarie in Johannesburg in hegtenis geneem. Die twee het op 16 September in die hof verskyn. Henry is vroeër op borgtog van R1 000 vrygelaat. Jacobs het sy borgtogaansoek laat vaar.

Lees alle vorige berigte oor Carl Schoombie op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Denise ·

So die twee mans was uit en uit daarop om iemand seer te maak dit is tragies dat n jong man moes boet met sy lewe wat is fout met die mense wat kry hulle daaruit om ander leed aan te doen??? Sterkte aan die familie !!!!

Denise ·

Is dit nie tragies dat n mens deesdae meer lees hoe mense doodgemaak word onodig as wat jy lees van mense wat n natuurlike dood sterf ek het nie woorde nie ek is net baie hatrseer dit is asof die duiwel loshande wen en elke oomblik van dit geniet!!!! Sterkte aan Carl Scoombie se gesin!!!

Gerd Lourens ·

Bevestig eers jou “feite” voordat jy kommentaar lewer.

Johanna ·

R1000.00 borgtog vir n moord! Nou toe nou. n onskuldige jongman is doodgeslaan! Hoe werk die stelsel?

Petrie ·

Mense moet plekke waar drank en dwelms vloei vermy. Daar broei altyd onheil uit. Doen bybelstudie in jou kamer. Die samelewing gaan nog baie geweldadiger en goddeloser word, maar die wat geestelik reg eet en drink, en nie aan die tafel saam dronkaards sit nie, kan en sal staande bly.

Christene ·

Watter feite Gerd Lourens? Feit is ‘n jong man is dood en die beskuldigde kry R1000 borg. Siek mense loop los rond in ons gemeenskappe.

piet ·

Hallo Rene, klink Brent Henry & Juane jacobs vir jou na Afrikaners? Ek kan verkeerd wees maar vir my klink hulle nie Afrikaans nie.

Jannie ·

Piet of hulle jou wit swart pienk of pers is hulle bly Afrikaner volk..Wat maak dit anyway saak of hulle nou afikaner volk is of nie,n jong man se lewe is geneem.O hel nee die land het heeltemal sy gat gesien..Almal is altyd so vining om te judge.

Jean ·

Sluit toe en gooi die sleutel weg. Hoe agtervolg jy iemand en beskuldig hom van iets waarby hy nie betrokke was nie en slaan hom dan sommer dood? Neewat, ek het geen simpatie met boelies nie, hulle is onopgevoed en hoort in die tronk waar iemand hulle maniere kan leer!

kat ·

Ja maar wat kan julle verwag n regte gemors regering en korupte president en n on opgeleide ministers korps wat steel en bedrieg ,so vir moord R1000.00 borgtog maar R10 000.00 vir rassisme dit is nou n gemors

Elmare ·

Dit is vir my kommerwekkend hoe aggressief ons nasie geraak het die afgelope paar jaar ek sien dit daaglikse in winkels en op die pad dit is of almal so gefrusteerd is met dit wat ons land gebeur en dan haal hulle dit op een of ander manier uit deur moord te pleeg, mekaar aan te rand, plunder en universiteite afbrand. Ons land is in chaos en ons leiers stel geen voorbeeld aan ons mense nie. Elke dag is elke koerant berig negatief en dit maak almal negatief en depressief en dan word dit op enige ander manier uitgehaal opmekaar. Ons woon in so . pragtige land en daar is ‘n plekkie in die son vir almal. Ons kan so lekker saamleef met mekaar in harmonie in hierdie pragtige land met al sy geleenthede. Ek raak by tye so hartseer want ‘n lewe beteken niks meer nie.

sjoe ·

My hart pyn, ek weet nie waarvoor ek verantwoordelik sou wees as Carl Schoombee my seun was nie…….. Aan alle ouers, kinders vat van kleins af kanse, dit is hoe hul ontdek en leer, jy as ouer moet hul disiplineer en leer om respek vir jouself te hê, asook vir ander, respek vir jouself kom 1ste, as jy dit het, sal jy respek vir ander hê! As jy altyd jou sin kry en jou tantrums vir jou ouers snaaks is of dalk is dit nie so snaaks, maar hul is te jammer om jou te voeter of op te voed of te skaam of watookal, gebeur dinge soos die! Regtig al sê jul nou Carl was ‘n moeilikheid maker of al was hy ook bietjie skoorsoekerig, kan jy nie reg in eie hande neem, dan nog agterna jaag en so barbaars optree nie. Hoe sy jul gevoel het as dit jul broer was en aan jul ouers, hoe sy jy gevoel het as dit jou seun was? Die borgtog is belaglik – jong man ek hoop nie jy is op jou ou paaie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.