Twee in hof ná NVG-inbraak

Die kantore van die direkteur van openbare vervolging vir Gauteng-Noord in Pretoria. Foto: Google Streetview

Twee verdagtes het Dinsdag in die Pretoria-landdroshof verskyn in verband met verlede maand se inbraak by die direkteur van openbare vervolging vir Gauteng-Noord se kantoor in Pretoria.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het in ʼn verklaring gesê Moses Ernest Tonono Ntakiso (39) en Moses Magolego (40) het Maandag in die hof verskyn.

Volgens Mfaku staan Ntakiso tereg op sewe klagte van huisbraak en diefstal. Hy staan ook tereg op ʼn klag van ontsnapping uit aanhouding. Magolego staan tereg op aanklagte van huisbraak en diefstal.

Volgens Mfaku is die saak tot 21 Augustus uitgestel om na ʼn streekhof verwys te word.

Twee skootrekenaars is vroeg in Julie uit dié kantore gesteel.

Die voorval het sowat ’n week later plaasgevind nadat daar by die Valke se kantoor in Pretoria ingebreek en sewe rekenaars gesteel is. Maroela Media het vroeër berig ʼn woordvoerder van die Valke het gesê die inligting wat op dié rekenaars gestoor is, hou grootliks met menslike hulpbronne, personeelprofiele en finansies verband.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.