Twee in hof ná pa sy tienerdogter ‘verkoop’

Argieffoto

Argieffoto

Twee verdagtes sal Donderdag in die Hammarsdale-landdroshof in Durban verskyn nadat ʼn pa sy 14-jarige dogter aan ʼn ander man “verkoop” het.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het gesê die meisie is in Januarie vanjaar deur onbekende mans uit haar huis in Umthatha in die Oos-Kaap ontvoer. Hulle het haar na ʼn huis geneem wat sy nie geken het nie.

“By die huis het sy ʼn 26-jarige man ontmoet en daar is vir haar gesê dit is haar nuwe huweliksmaat,” het Zwane gesê. “In die jong meisie se verwarring het haar ‘nuwe man’ met haar omgang gehad sonder haar toestemming. ʼn Paar dae later het die man 15 skape na die meisie se familie gestuur.”

Volgens Zwane het die meisie daarna herhaaldelik met haar ouers in verbinding getree en gesê sy hou nie van wat die man met haar doen nie. Haar ouers het egter gesê dit is nou haar nuwe huis en die man sal vir haar sorg.

Toe die man later na KwaZulu-Natal is waar hy werk, het die meisie se ma haar by die huis in die Oos-Kaap kom haal. Die “reddingspoging” was egter bloot ʼn rookskerm, want haar ma het haar na die man se huis in Durban geneem en weer daar gelos.

Saterdagaand het die meisie, wat glo in daardie stadium selfmoord oorweeg het, in die donker agter die huis gaan sit waar ʼn buurman haar gevind het. Hy het haar gehelp om die polisie in kennis te stel en die meisie is na ʼn plek van veiligheid geneem.

“’n Saak van ontvoering en vier aanklagte van verkragting is aanhangig gemaak,” het Zwane gesê. Die 26-jarige man én die meisie se pa is in hegtenis geneem omdat laasgenoemde ʼn medepligtige tot die ontvoering was.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, die KwaZulu-Natalse kommissaris, het ʼn beroep op ouers gedoen om nie hul dogters in huwelike te dwing sodat die ouers lobola kan ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eish! ·

En die ma kom skotvry? Het sy nie die kind soortvan ontvoer en na die duiwel (sg man)toe gevat nie? Die room van SA se kultuur gewoontes!

Henk Celliers ·

Ai,julle met jul westerse norme,in Afrika,dit is so eie aan Afrika,soos hout klompe in Holland,kom by!!

Dave ·

Afrika-styl sê julle? Raai weer. Ons het huisvriende wie se troue gereël is deur hul ouers voor hulle mekaar geken het. Hulle is moslems.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.