Twee in hof ná wrede NW-plaasaanval

Blackie van den Berg kort ná die aanval. Foto: Verskaf

Twee mans, onderskeidelik 21 en 24 jaar oud, verskyn na verwagting vandag (Maandag) in die Delareyville-landdroshof in verband met die wrede aanranding en verkragting van Blackie van den Berg (61) op haar plaas tussen Sannieshof en Ottosdal in Noordwes.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het Vrydagaand aan Maroela Media bevestig twee verdagtes is in verband met die aanval op Van den Berg, Vrydag in vroeë oggendure, in hegtenis geneem.

Bianca van den Berg, Blackie se dogter, het Saterdag aan Maroela Media gesê haar ma het baie erge pyn ná die aanval en sterk nog in ʼn hospitaal in Klerksdorp aan. “Haar neus is gebreek, haar oë is toegeswel en haar lippe is geswel. Een van die aanvallers het haar só erg gewurg sy kan omtrent nie eet nie. Hy het haar vreeslik geslaan,” het Bianca gesê.

Sy het gesê dat haar ma ook deur een van die aanvallers verkrag is. Van den Berg het toestemming gegee dat hierdie inligting bekendgemaak mag word.

Maroela Media het vroeër berig Van den Berg was alleen tuis toe die aanval omstreeks 00:45 gebeur het. Volgens Bianca was sy in die kombuis toe sy ʼn geluid op die dak gehoor het byna soos ʼn kat wat op die dak loop. Sy het daarna gesien dat haar hond buite die huis onder die lapa toegemaak is nadat sy hom vroeër laat uitkom het.

“Sy het gehoor hoe hulle die veiligheidshek by die voordeur uit die kosyn breek en besef hulle is besig om die huis binne te kom. Sy het na die kamer gehardloop en die veiligheidshek in die gang agter haar gesluit. In die kamer het sy haar rewolwer gekry. Teen daardie tyd was een van die aanvallers klaar besig om die traliedeur in die gang oop te buig terwyl die ander aanvaller buite die huis gestaan het,” het Bianca gesê.

Van den Berg het ʼn paar waarskuwingskote in die lug geskiet, maar toe die aanvaller geen gehoor hieraan gee nie, het sy die rewolwer op hom gemik en geskiet. “Sy was so verbouereerd, sy het mis geskiet en die rewolwer leeggeskiet. Daarna het sy teruggehardloop kamer toe en die houtdeur van die kamer gesluit,” het Bianca gesê.

Van den Berg het in die kamer haar buurvrou gebel om hulp te kry toe die aanvaller begin om die houtdeur met ʼn spitvurk oop te breek. “Sy het vir hom gesê sy gaan hom skiet, toe sê hy vir haar in Afrikaans: ‘Skiet maar, ons kom vir jou.’ Al wat sy kon doen, was om angsbevange daar te sit en wag met die wete iemand is op pad om haar dood te maak,” het ʼn emosionele Bianca gesê.

Nadat die aanvaller deur ʼn gat in die deur die kamer binnegekom het, het hy Van den Berg met die spitvurk aangerand en haar herhaaldelik geslaan. Hy het haar klere van haar lyf af geskeur en haar ook verkrag. Volgens Bianca het haar ma verbete terugbaklei en die aanvaller geslaan, geskop en gekrap.

In ʼn stadium het die aanvaller die rewolwer gegryp en dit op Van den Berg gerig en die sneller getrek, maar daar was nie meer patrone in die vuurwapen nie. “Toe hy besef die rewolwer is leeg, het hy haar gewurg. Hy wou haar doodmaak,” het Bianca gesê. “Net toe het die bure daar aangekom en sy makker buite die huis het gefluit om hom te waarsku. Hy het my ma aan haar hare in die gang af gesleep en toe op die vlug geslaan.”

Die aanvallers het met kontant, ʼn selfoon en Van den Berg se vuurwapen gevlug.

Bianca het gesê haar ma woon alleen op die plaas sedert die dood van haar pa, agt jaar gelede. Sy verhuur die grond en boer ook self met skape.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Bert ·

Besluite het gevolge. Keuses het gevolge. Soos vir hierdie arme vrou. 2 Februarie 1990 was so ‘n besluit wat gevolge het soos hierdie.

@Ana ·

Ana, dis die datum wat FW de Klerk besluit het om Mandela die volgende week op die11/2/1990 vry te laat. Ek was voorskool. Al wat ek kon onthou is slaaptyd baie vroeg geword daardie aand.

Jaco ·

Apratheid was nie reg nie, MAAR ek glo FW de Klerk kon net beter onderhandel het. Voorwaardes dalk vir n gewaarborgde tuisland vir ons mense vooraf of n Paralelle regering waarby die ou regering saam met die nuwe regering in bewind is vir n vasgetelde tydperk van dalk 20 jaar waarby die ou regering die nuwe regering mooi touwys maak oor hoe om n moderne ekonomie suksesvol te regeer….Armoede sou verdwyn het, veral in die 20 jaar, misdaad sou onder beheer gewees het. Suid Afrika sou net soveel beter gewees het met n bekwaame regering wat dan vorentoe selfstandig sou kon regeer.

Lienkie ·

Wat ‘n verskriklike ervaring, ek wens vir Blackie en haar familie baie sterkte toe, Blackie jy was ‘n en is ‘n heldin, jy het baklei tot die einde en ek dink jy is ‘n baie dapper vrou, ons bid jou sterkte toe in die toekoms dapper vrou.

Referendum ·

Referendum was 17 Maart 1992. Volgens statistieke was die totale bevolking 37 miljoen waarvan 28 miljoen swart en wit 4,3 miljoen. Gekleurd was 3,3 m en Indiër was 1 m. Ander groepe was die res.
So Bert, jy reken ons sou ‘n kans gestaan het selfs met ons uitmuntende weermag van daardie dae? Nou moet jy ook in gedagte neem dat daardie 4,3 m wittes ook SAAM moes staan. Toegegee dat van Indiër en gekleurd ook aan ‘ONS’ kant sou wees desondanks apartheid.
My ouers was by ‘n vergadering (1948) op Bethal toe dr. Malan daar gepraat het en gesê het dat sou hy aan bewind kom daar APARTHEID in hierdie land sou wees. Daardie aand oppad huis toe sê my pa aan my ma: “Daar is vanaand ‘n ding hier uitbasuin wat kon gebly het en wat tog al die jare niemand gepla het waar wit en swart voortdurend vir mekaar respek gehad het. Hierdie ding gaan ons moeilikheid gee vorentoe.” My vader is in 1985 oorlede en het nie sy voorspelling sien waar word.
Bert, lees die boekie van P.V. Pistorius “Die Trek is Verby” uitgegee 1957 deur Central News Agency Limited Suid-Afrika en gedruk deur Cape Times Limited, Johannesburg. Daar is nie ‘n ISBN nr.
Die skrywer is gebore (1907) in Rustenburg was destyds professor in Grieks aan die Universiteit van Pretoria. Hy studeer aan TUKS, Maties en Universiteit van Leiden, Nederland. In 1955 besoek hy die VSA op uitnodiging van die State Departement in Washington, D.C.

Bert ·

Ek het niks gesê oor die korrektheid van die FW besluit nie. Die kousale verband tussen hierdie arme mens se lyding en dit wat FW op 2/2/1990 ontketen het was vir my vanoggend helder en duidelik. Dit is al. Leierskap dra gevolge. Dit is my punt.

Bert ·

Nog iets: die teenargument teen mense wat die nuwe bedeling kritiseer met verwysing na o.a die misdaad epidemie is gewoonlik dat dat dit erger kon gewees het. 3000 boere teenoor moontlike miljoene in ‘n burgeroorlog. Maar dan sien mens die harde konkrete werklikheid soos met die dame se foto en jy wonder. As jy ‘n misdaadslagoffer is, gaan jy jouself daaraan troos dat jy ten minste nie in ‘n toekomstige moontlike burgeroorlog gesterf het nie? Wanneer bereik ons die punt waar dit beter sou wees onder enige omstandighede onder die ou bedeling? Is dit wanneer Zimbabwe grondgrype uiteindelik op groot skaal hier gebeur? Ek beny nie die leierskap by Solidariteit en Afriforum se taak nie: om die regte keuses te maak nie.

Referendum ·

Bert, so daar was ‘n keuse, ‘n keuse om aan te gaan met apartheid van dr. Malan en die gevolge daarvan te dra. Ook ek Bert , is uiters teleurgesteld in hierdie huidige SA met sy misdaad, riool, slaggate, werksafbakening en wat ookal. Ons moet egter eers onder gaan sodat die massas kan agterkom dat ‘promises’ net ‘promises’ is en so sal bly. Al wat intussen gebeur is om myself te keer om nie hatig te word maar deurentyd versigtig te wees in my doen en late. Selfbeskerming en geen waarskuwingskote is die pad vorentoe.

Anoniem ·

Bert, FW was maar n druppel in die kolosale politiese flater wat gemaak is deur apaerheid te implimenteer. FW, is maar ‘n mens, nes ek en jý. Apartheid, aam die ander kant, was ‘n demoon wat uit die hel ontketen is en wat ons, die nageslagte, nou lewendig verslind.

Andrea ·

Liewe Mev Swart, ek is so bitter jammer dat jy hierdie afskuwelike trauma moes beleef. Ek is egter baie bly dat jy so dapper teruggeveg het oorleef het. Mag die Here jou fisiese en emosionele wonde wonderbaarlik laat genees. Jy is in my gebede en gedagtes.

Mense, is daar dan absoluut niks wat ons as Afrikaners kan uitdink om hierdie moordenaars en verwoesters van lewens te stuit nie? Ons is ‘n slim klomp mense met briljante mense van Solidariteit en Afriform voor in die ry. Laat ons koppe bymekaarsit, asb! Ek stel ‘n privaatsekuriteitsmaatskappy, georganiseer en bedryf deur Afriform, voor. Hierdie maatskappy moet funksioneer soos die ou kommando’s. Manne moet heeldag en heelnag plase en dorpe patroleer. Ons almal sal geld doneer vir betaling en uitgawes. Ons sal net MOET iets doen. Dis gaaf en wonderlik dat die gemeeskapspolisiering baie gou na so ‘n aanval op die toneel is, maar die ideaal is om te keer dat die aanval nie gebeur nie!
Komaan, ons moet dink en met ‘n werkbare oplossing vorendag kom. Daar het Mev Swart haar rewolwer by haar gehad, maar te min ammunisie. Sy was ook alleen.

Sus ·

Met alle liefde en respek maar te min ammunisie was nie die probleem nie, die mis skiet was.

Eliza ·

En SA’ners bekommer hulle oor die aanval in London – kyk eers na jou eie mense in jou land.

Mari ·

Wat is daar om aanvallers te stuit? Hulle weet hulle kom niks oor nie en word aangemoedig deur hul makkers. Die een wat die wreedste aanval kan loods is die hero! Wanneer gaan Suid Afrika se regering die doodstraf terug bring? Lykmy nie daar wors van die regering se families aangeval en vermoor nie want ek glo dan sou daar lankal halt geroep gewees het! Bring die doodstraf trug en kyk hoe verander dinge.

Nita ·

Ons moet regtig n Amerikaanse filmmaatskappy kry om n reeks van 1000 episodes van hierdie wreedaardige plaasaanvalle en moorde te vervaardig. Dit sal baie grillerrig wees as enige iets wat hulle draaiboekskrywers kan uitdink. Mevrou van Sannieshof ek kan my nie eers indink in die verskriklike angs wat jy moes deurgegaan het nie.

Lance ·

Is daar iets wat gaan oorbly in SA vir ons kinders,bv soos al die onwettige myne,Krugerwildtuin,moord,uitvang van die groot katte,korupsie ens.ens.sonder om politiek hierby te betrek.Van ons engelse is ook bekommerd van wat ons lees en sien.Sterkte mev.hoop jy word gou gesond.

Lindie ·

As ek babatjies sien voel ek vreeslik hartseer en jammer vir hulle, veral as dit ‘n dogtertjie is. Nou die dag kon ek net betyds in my kar spring, die deure sluit en wegjaag in ‘n parkeerarea by ‘n winkel. Hulle kom in groepe na mens toe aangeHARDLOOP. Eers sê hulle goed vir jou soos “You are sexy” “You are pretty” dan wag hulle jou in en kom aangeHARDLOOP

anton ·

Ek wens so mense wil ophou om te sê die doodstraf moet terugkom!!!!
DIT GAAN NIE GEBEUR NIE!!!
Indien wel, sal dit in die hande van die huidige regering absoluut n ”Disaster” wees en wittes sal dan die eerstes wees wat sal vra dat dit weer verwyder moet word.
Dink tog asb. vir n slag mense.
En Anoniem……jammer ek stem nie met jou saam nie!

NICKEY / GAUTENG ·

Ek voel jammer vir die arme vrou,,,,, maar houkom ‘n paar waarskuwings skote skiet?? Hulle was reeds in haar huis. Sy was senuagtig en het mis geskiet…. te verstane. Dames gaan skiet gereerld met julle wapens en leer om op kort afstande akkuraat te kan skiet( M.a.w.) maai hulle af.

Fires ·

Kry ‘n ordentlike hond of twee, nie ‘n fifi of ‘n flaffie nie en laat hulle in die huis bly en saam in die kamer slaap. Ouer mense se gehoor is ook nie meer goed en hoor nie altyd as daar ingebreek word nie

Grysburger ·

Dankbaar dat mev van der Berg hierdie wrede aanval oorleef het. Dat daar ‘n lang pad voor is van fisiese en emosionele herstel vir haar is waar.

Aangesien haar aanvallers reeds aangekeer is, is haar vuurwapen ook seker teruggevind. Alhoewel die gesegde lui dat weerlig nooit tweekeer dieselfde plek tref nie, hoop ek dat iemand in haar omgewing dames soos sy kan touwys maak om hul vuurwapens reg te gebruik, in toestande wat werklike aanvalle naboots. Ook om mense wat rewolwers gebruik te leer van “speedloaders” waarmee die wapen vinnig herlaai kan word.

Dit help niemand om die verlede te blameer nie: ons is nou in die situasie waarin ons is en op onsself aangewese om te oorleef. Dit is die realiteit en hoe vinniger ons daarvolgens begin leef hoe beter.

Jacques Venter ·

Hallo Jaco
Ek hoop jy lees hierdie want jy het n goeie argument. Daar is egter net een veranderlike wat jy moet bytel. Mandela en De Klerk was oopkop mense wat besef het dat daar n langer oorgangs tyd moes wees.

Toe vermoor die Pool vir Hani, en moes die proses versnel word om n burgeroorlog te voorkom.
Sou daar meer tyd gewees het, kon n beter bedeling onderhandel gewees het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.