Twee in hof oor beleggingslenter

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Kevin John Cholwich (57) en Theunis Johannes Schoeman (64) is in die Palm Ridge- gespesialiseerde handelsmisdaadhof vrygelaat op borgtog van R10 000 elk. Hulle het Woensdag in die hof verskyn op aanklag van bedrog.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Cholwich en Schoeman het hulleself aan die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdade in Johannesburg oorgegee ná ʼn ondersoek teen hulle van stapel gestuur is.

“Die twee het in 2014 en 2015 glo kliënte gelok om lisensies ter waarde van R2 miljoen aan te koop by All Quotes Investment. Hulle het voornemende beleggers bekom deur advertensies in koerante te plaas.”

Verdere ondersoek het onthul dat Cholwich en Schoeman nie self enige aandele in die entiteit besit het nie, maar na bewering vervalste aandeelhouersertifikate uitgereik het as bewys van winsgewende dividende aan hul kliënte, het Mulamu bygevoeg.

Sowat R2 miljoen is na bewering in die twee se bankrekening inbetaal deur voornemende aandeelhouers. Lasbriewe vir hul inhegtenisneming is uitgereik en hulle is Woensdag aanklag van bedrog.

Die saak is tot 10 Mei 2021 uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie J ·

Die mag van die staat het die twee klein, piepklein, vissies gevang en sal hulle vervolg tot daar net n nat kolletjie van hulle oorbly MAAR die groot skelms in hope ander sake loop nog los rond want ons ontbreek of die breinkrag of die wil of die integriteit om hulle aan die pen te laat ry.

Alet ·

Ek kan nie meer saam jou stem nie. Hulle sal alle mag en krag gebruik om sekere geledere in die publiek te vervolg maar die in die regering wat daar oop en bloot bewyse is en miljarde rande geroof is, daar is niks. Een groot vakuum.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.