Twee mans het Vrydag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag dat hulle die Suid-Afrikaanse Inkomstediens met byna R8 miljoen bedrieg het.
“Die twee mans is Woensdag deur die polisie in hegtenis geneem,” het Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, gesê. “Die polisielede en beamptes van die SAID het 15 rekenaars en paspoorte in die gebou gevind waar die mans in hegtenis geneem is.”
Volgens Memela is die mans in hegtenis geneem ná ʼn intensiewe ondersoek wat daarop dui dat die twee mans, saam met 15 ander individue, bedrog gepleeg het deur wanverteenwoordiging. “Hulle het glo 105 BTW-opgawes ingedien van minstens 19 entiteite met valse verklarings om terugbetalings te eis,” het hy gesê.
Die verdagtes is nie werknemers van die SAID nie.
Hoekom nie R50 000 nie. Waarom nie R100 000 nie. Want as hulle begin, en dit werk, hou hulle aan! Neem Zuma as voorbeeld: Nkandla kon ½m of self ¾m of so iets gewees het maar waarom nie ‘n ¼b nie? ‘Gúlsigheid’ is die antwoord op my vraag.
Gee nie om wat hul sê nie eers het mense in SARS dit self probeer nou kry die insiders mense van die straat af lei hul op en wala hul kry hul share check this space