Twee in hof oor doodskis-video

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die twee mans wat afgeneem is nadat hulle na bewering ʼn ander man in ʼn doodskis in gedwing en onder meer gedreig het om ʼn slang saam met hom in die kis te sit, sal Woensdag in die Middelburg-landdroshof verskyn.

Kapt. Khanyisile Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) in verband met die voorval in hegtenis geneem is. Oosthuizen en Jackson het Maandag in die Blinkpan-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die saak is tot Woensdag uitgestel en hulle is tans in polisieaanhouding.

ʼn Video van die voorval is onlangs op sosiale media versprei, maar dit is nie duidelik wanneer die voorval plaasgevind het nie. Op die video kan gesien word hoe ʼn man huil terwyl hy deur twee ander mans in ʼn doodskis ingedwing word. Daar kan in die agtergrond gehoor word hoe ʼn manstem sê: “Kom nou, ons wil die petrol gooi, man. Klim in!”

Die EFF het Dinsdag in ʼn verklaring die man in die kis as Victor Rethabile Mlotshwa geïdentifiseer. Volgens die party het die voorval op ʼn plaas naby die Komati-kragstasie plaasgevind.

“Hierdie wit rassiste het ʼn video gemaak en dit op sosiale media geplaas vir hul eie vermaak nadat hulle mnr. Mlotshwa verneder het. Hierdie vernedering kan op niks anders as [Mlotshwa se] swartheid gegrond wees nie, wat beteken dit is eintlik die vernedering van swart mense in geheel,” het Mbuyiseni Quintin Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

Ndlozi het gesê die EFF-leierskap sal Woensdag se hofverrigtinge bywoon.

https://youtu.be/ioZAv5s6UPc

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

161 Kommentare

Kiepie ·

Ja nee, party mense leer maar net nie. As jy nie wil hoor nie moet jy voel.

Gerhard ·

Die probleem is dat ons almal op ‘n stadium dit gaan voel want optrede soos die gooi net petrol op die Malema vuur

Trudie ·

Tiepies… Geen wonder ons land is in sy kanon!!! Kan julle nie net die verskillende kulture in rus en vrede los nie!!!! Nou nog ‘n video te maak daarvan!!! Ek dink julle het groot moeilikheid!!!
Hoekom mense verneder en sleg maak???

Ben ·

Hierdie jongmanne stel elke wit mens in Suid Afrika se lewe in gevaar. Ek as n senior burger deel dit wat vir ons blankes belangrik is, maar ek erken die bestaansreg van ander mense ongeag ras of geslag. Is die swartmense nie dalk reg as hulle sê ons is te arrogant nie. As ek net sien hoe my mede blanke Afrikaners bestuur, in restaurante optree en mekaar vertrap wonder ek of die kritiek teen ons nie soms geregverdig is nie? My statstieke mag verkeerd wees, maar hoe kan 8 mense uit elke 100 steeds in beheer van die meerderheid wil bly? Wit mense moet wakker word want die werklikeid is in aantog.

Maryna ·

En dis presies optrede soos die wat maak dat daar soveel haat tussen verskillende rasse is! Ons gaan nooit voor kom nie. Ag nee sies man!

Karien ·

Ja sulke dinge help ons wit mense nou baie, hoor! Wow! “well done”
Heel onnodig as jy my vra.

Kiepie ·

Karien, eintlik het dit niks met wit en swart te doen nie. Dit gaan my verstand te bowe dat iemand genot daaruit kan put om ‘n ander mens te beangs en te verneder. Daar is nie plek in ons samelewing vir sulke goed nie.

francois ·

Ons “jeug” is besig om belaglik te raak en gee ammunisie vir die swernote om ons verder te vertrap en te beledig. Van ons mense doen rassistiese goed wat erger as moord op blankes is. Di ongelukkig hoe dit werk. Wonder hoekom word die swartes wat kinders in kookwater goii, vrouens verkrag en mans vermoor nie as rassiste gesien nie. Dis waar hulle die mag het oor ons.

Skerp Spioen ·

Ek stem saam dat hierdie optrede uiters laakbaar en onaanvaarbaar is. En bevestiging van die EFF se beskuldiging van wit rassisme en meerderwaardigheid. Om iemand te verneder is nooit ‘n goeie idee nie en hierdie gaan lelike gevolge hê. Om egter te sê dat dit erger as die moord op blankes is, is absurd. Niks kan erger wees as wrede, barbaarse marteling en moord nie.

Magaretha ·

Ek kan nie glo ons noem ons nog n Christelike land nie. Waar is die ouers van sulke kinders wat hulle nie Godvresend opvoed nie. Die gedrag skreeu ten hemele maak nie saak of dit wit, swart of pienk is nie. Omdat ander nasies dit doen, verskoon dit ons nie as ons dit doen nie. Kom ons vertrou die mans kom tot hul sinne en bekeer hulle van die wee. Elke mens moet met sy eie gewete saamleef.

Erika ·

Swernote?? Wie is swernote? Jy praat sekerlik van hierdie twee rassistiese boertjies. Alla mapstieks, dinge sal nooit verander in ons land terwyl mense dink soos jy dink nie.

Marietjie Juul. ·

Dit was nie mooi nie. Maar moet daar n bohaai gemaak word oor alles. As hul mense dit doen is dit niks. Maar sodra ons nasie iets doen is dit ernstige stories. Maar hul kap ons sommer met byle.

Marcelle ·

Regtig??? Is dit hoe jy op sulke barbaarse gedrag reageer? Sê baie van jou denkwyse!

Wat maak n swart man se lewe en vrese minder werd as die van enige ander ras? Asof dit wat hy oorgekom het nie erg en traumaties was nie?

Geweld en mishandeling teenoor ENIGE ras is pateties en ruk hand uit! Hoop hulle word swaar gestraf!

Mossie ·

Mooi gese Marcelle. Tannie stem 110% met jou saam. Ek sou ook bitter kwaad geword het as iemand dit met my kind of familie gedoen het. Weet nie wat wil hulle bewys nie? dat die swartes BANG moet wees vir ons? hulle getalle teen ons is seker nou al 300 @ een. Bloedrivier gaan herhaal word, net hierdie keer gaan ons bloed vloei.!

Anna ·

Ek kan nie glo dat mense so onnosel kan wees nie en dit dan nog op sosiale media versprei ook!!
Hulle dink seker hulle is vreeslik oulik en gaan die man ‘n les leer, maar al wat hulle daardeur regkry is om weer ‘n vreeslike rasse bohaai te veroorsaak. Ek skaam my vir my mede witmense!

M ·

Ek skaam my dood vir julle swak gedrag!! Julle is barbaars en niks beter as enige ander krimineel (ongeag sy/haar velkleur) nie!! Julle is aandagsoekers en pateties!!!

Retha ·

Ag nee man! Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil he!

ora ·

Straf daai menere baie hard. Gooi sommer die sleutel ver weg. Eintlik verdien hul om met ‘n swart mamba in ‘n doodskis toegespyker te word.

Thea Gerber ·

Dat volwasse mans hulle nou so sotlik kan gedra, en dan nog die video op sosiale media versprei. Dit verstom en verbaas my. Gee gerus maar nog stokke aan vir Juju en sy brigade om die blankes mee te slaan. Met sulke idiotiese gedrag wil dit vir my lyk of party van ons dit verdien om gedurig met die rassisme stok geslaan te word. Jammer julle sleep ander ordentlike blankes saam met julle in die modder in. In die vroeër jare so julle seker in die kroeg gaan suip het en oor die storie gespog het, nou neem julle dit wragtig af.

MarieM ·

Thea, daar is so spotprentjie wat omgaan en sê dankie dat die internet en slimfone na ons al ons stout goed gedoen het uitgekom het. As ek moet terug dink het ons ook nie die goed gedoen wat vandag se jong mense doen nie. Toktokkie en miskien ‘n aartappel in iemand se uitlaatpyp druk, maar nie mense in kiste laat klim en dan nog gesê kom kom ons wil die petrol gooi nie. (Ons g@tte sou in die eerste plek lekker gebrand het as ons ouers dit uitgevind het) Beslis stem ek saam dat niemand van ons swart, blank, pienk, pers, bruin of watter kleur ookal so hanteer moet word nie.

Kiepie ·

So Chantell, jou grootste probleem met die storie is dat hulle dit op video vasgelê em versprei het!? Ek dink jy mis die punt.

Bosveld g ·

Manne ek wens julle sterkte toe. Jy weet draai dit nou om. Sou julle dan nog so “braaf” gewees het, iemand van jou eie mense so deur ander laat intimideer en traumatiseer ??? Daar is nie pille vir sulke onnoselheid nie, stupid verby en onnodig !!!

Jan ·

Ek weet nie of dit nog vandag by van die universiteite so is nie, doop is mos nou genadiglik verbied, maar toenterjare was dit per geleentheid met die doop van die eerstejaars gebruik. Hulle het jou in die kis laat afsak, jy weet mos nou nie hoe ver nie, dan gooi hulle kluite met ‘n graaf daaroor, dit na van die seniors die kis op ‘n bakkie gelaai het, met jou daarin, en in die nag in die strate gejaag het.

Johann ·

Genade, daardie eerstejaar moes seker van sy kop af geraak het, toe die kluite so op die kis val!

Thea Gerber ·

Saam met my was ‘n eerstejaar student wat homself opgehang het. Asook talle belowende studente wat opgeskop het gedurende die ontgroening
Ek weet, ons is almal daardeur, maar ek het gesweer dat as ek ‘n senior is, sal ek nie aan die ontgroening deelneem nie. Ek het ook nie, want dit sou my geen genot verskaf het om jong eerstejaars te terroriseer nie.

Jan ·

Thea, kom ek vertel verder, ek weet van ‘n geval daardie jare, tydens doop, waar eerstejaars in die middel van die nag met ‘n kussingsloop oor die kop in die universiteit se swembad gegooi is, dan is die kop ondergehou tot jy voel jy kan die vrees nie meer verwerk nie, dat hulle jou gaan verdrink, dan word jou kop skielik uit die water gelig. Dan skielik druk iemand jou kop weer onder die water.

Jakob ·

Ek dink nie die kwessie hier is dat die mense dit nie op sosiale media moes publiseer nie, maar egter dat die daad onmenslik is, ongeag die ras van die man. Ek sien reeds die verwyssings na plaasmoorde, maar jy kan nie appels met pere vergelyk nie – is dié man ’n moordenaar? Sou hy nie wees nie, sal sy wil dalk nou sterker wees om een te word. Die rassehaat word slegs deur sulke optrede aangewakker.

Reinhardt ·

100%. Die feit dat sekeres hierdie gedrag probeer verdedig is vreeslik kommerwekkend.

Colleen ·

Kan dit nie beter sê nie. Skokkende, onmenslike optrede en enigeen wat dit verdedig het hul morele kompas verloor

Lyfstraf ·

Dit is nou water op die meul vir die EFF en andere. Presies dit wat ons nie nodig het. Die vernedering om verkrag en wreed vermoor te word is vir die EFF van geen waarde. Ek sien vir julle groot swarigheid wat voorlê maar julle tweetjies verdien dit. Lyfstraf vir julle en vir soortgelyke misdade sal ‘n goeie oplossing wees.

m ·

Dit was nou nie n baie intelligente ding om te doen nie. Nou gaan al die blankes weer as rassiste uitgemaak word. Ai tog…. Hierdie is nou kos vir mense soos Malema wat een helse issue daaroor gaan maak….

Mossie ·

M. – Daar MOET absoluut ‘n issue van gemaak word. Wat dink ons blankes dan? dat ons die ‘uitverkore’ volk is? ons gaan net kry wat ons verdien. En AL ons blankes moenie nou kom en se ons is of was nie rassisties nie. Kyk wat het ons oumas en oupas en selfs ons ouers aangevang? God het alle mense ewe lief. By HOM is daar nie onderskeid nie. Ek sal my ‘pak’ soos ‘ man moet vat want ons verdien niks beter nie. Ek raak woedend vir mense wat sulke laakbare dade pleeg. NIE omdat ek bang is vir Malema en kie nie, want God was, is, en sal altyd in beheer wees.

Rina Pretorius ·

Dis net baie snaaks dat hulle inhegtenis geneem is vir dit maar Malema kan oorlog verklaar teen blankes maar hy loop steeds vry rond. hoe werk dit

Uvonka ·

Ai daar is nie pille vir domgeid nie ne! In ons uiters sensitiewe land, word ons met valk oe dopgehou en dit is nou sulke simpel dade wat net verder die haat stook! Regtig onmenslik en barbaars, ek skaam my vir die mense.

Ansie Cloete ·

En ons noem ander rasse barbare? Sulke optrede maak my skaam om blank te wees. Ek hoop hulle word baie swaar gestraf

Jacobus ·

Ja nee sjoe ansie ek bedoel hulle wys nie sulke wreedheid teenoor ons nie ně? Ek is bly ek redeneer nie soos jy nie. En nee die was dom van hulle praat dit glad nie goed nie.

Bloues ·

Ek hoop die hof maak n voorbeeld van die twee en straf hulle hard.

Johan Pretorius ·

Maar Malema se en doen wat hy wil. Wanneer word hy gearesteer vir sy uitlatings en haatspraak teenoor wit mense?? Laat ek sien niks nie, want net wit mense is mos rasiste en pleeg misdaad.

Cacophony ·

Ag man moenie vir jou verspot hou nie! Wat de hel het Malema hiermee te doen. Word groot en hou op wegkruip agter die politici en die gemors wat hulle praat. D
Wat hierdie swape gedoen het was vieslik en maak van hulle bullies. Swak uiters swak.

Chris Theron ·

Dit is die russeltaat van ledigheid..nie genoeg tyd om produktief met iets besig te wees nie Dit is provikasie uitlok in n negatiewe nasionale konsep . Die land het nie nog negatiwiteit nodig nie maar goeie verhoudinge wat nagatiewe konetasies kan teenwerk….

Pieter ·

Ek skaam my dood vir hierdie twee mans. Beide van hul moet uit die samelewing verwyder word. Die twee walg my en ek weier om met hul geïdentifiseer te word. Ek skaam my net soveel vir die van jul wat reken daar word te groot bohaai oor die voorval gemaak. Dit is uiters kommerwekkend en walglik dat daar mense is wat dink so iets is aanvaarbaar.

E ·

Net weereens ń bewys dat wit nie goed en swart nie sleg is nie! Jy kry goeie en slegte mense ongeag van kleur.
Ek glo die meerderheid van ons bevolking smag na vrede, maar ongelukkig is dit weereens die paar ‘slegtes’ wat vir almal moeilikheid maak.

Jakob ·

Stem saam met jou! Daar is goeie mense en daar is slegte mense, die kleur van hul vel is irrelevant.

Verslae ·

Of dit nou wit of swart is; dat enige mens dit aan ‘n ander mens of dier kan doen, slaan my stom.
Ek kan nie die video kyk nie – dit sal my maande lank nagmerries gee.

Laakbare gedrag, en so onnodig, veral in hierdie tye.

stefan carse ·

is laakbaar en tekens van n boelie! vergeet van die kleur, laat die veralgemening ontstaan dat omrede ons wit is, ons dit goedkeur, ek is n afrikaner haat ou malema en sy gespuis maar die video walg my, en dan die vermetelheid en arrogansie om dit op video op te neem,

Daan ·

Nee heng kêrels. Het julle dit nou heeltemaal verloor. Is julle nou bosbef… As julle dit uitgedink het kan ek nie sien dat julle die impak en implikasie van julle sinnelose daad ooit sal verstaan nie. Vir dwaasheid is daar nie pille nie.

K ·

Baie dom. En wees verseker die EFF sal uitvind presies waar die plaas is. Julle het julself nou gebrandmerk manne…. Bietjie beter gefokus het……..

Andrea ·

Sotlike gedrag!
En hoeveel onskuldige mans, vroue en kinders gaan nie weer aangerand en vermoor word danksy die haatvlamme wat weer hoër aangeblaas word hieroor nie…

Johanna Botha ·

Dit is vieslik en laakbaar tipies van iemand met geen opvoeding ….straf asb hierdie skurke !

Thyskotze ·

Julle klompie kan gerus Siener Van Rensburg se voorspellings gaan naslaan julle moet net moedhou dinge gaan later regkom BLY NET GLO IN GOD en leef in sy gebod ons redding sal kom GLO my

Maisa ·

Dit was nie baie slim van die mans om so iets te doen nie (heeltemal onaanvaarbaar), maar kan ons asseblief die ander kant van die storie ook hoor??? Was daar nie n rede hoekom hul die man in die kis skrik wou maak om hom n les te leer nie en hoekom word rasisme altyd as deel van n verskoning voorgegooi?

Colleen ·

Ek sal graag wil hoor wat volgens jou sulke wreedheid kan regverdig.

jk ·

Mens sou dink twee mans van daai ouderdom het darem ‘n baie kelin bietjie verstand tussen die 2 van hulle. Hoe stupid kan jy kry

Andre Cornelissen ·

Die twee is of dom of hulle word betaal om dit te doen .

Ellie Rose ·

Laat dink my baie aan ‘n Leon Schuster “movie”. Humor en haat loop nou hand aan hand.

GERT KRUGER ·

Dis baie dom en onnosel, julle moet ma dit wat na julle kant toe kom vat en uitsorteer julle maak marakkas vir baie ander en dit uit onnoselheid !!!!

Rina Kotze ·

Ek keur glad nie goed wat hierdie 2 mans gedoen het nie.

Maar dis deesdae die uitsondering! Hoeveel boere en en hul gesinne en ander onskuldige, vredeliewende mense is al so verneder en wat is daaraan gedoen?

Wonder of hul amnestie sou kry indine die WVK nog in sitting was???

Maar net ‘n resultaat van ‘n volk wie se emosionele pot oorkook van frustrasie.

Geweld is nooit die oplossing nie!!!

Belaglik ·

Hoe kan opgevoede mense so iets doen, werklik ek skaam my. Ek is dankbaar ek is nie familie, of dalk sou dit beter gewees het, dat ek jul kon uitsorteer. Onmenslik, indien iemand iets aan jou verkeerd doen, kla jy hom aan!

Burger ·

Die feit dat jy daaroor wonder is eintlik meer kommerwekkend.

Nooit maar nooit kan so iets geregverdig word nie . Hierdie land is so broos en vol haat , ons kan net nie sulke goed toelaat nie . Dit vernietig die bietjie goed wat oor is .

Nee Wat!!! ·

……………………..en daar laat die COMMON plaasjapie sy mede afrikaans spreukendes in die steek…………… met sy 100% Boer kleredrag……… lagwekkend……………

Johanna ·

Oe EINA!! Julle gaan ‘brand’ – en dis julle verdiende loon. SIES!! daar is GEEN rede hoegenaamd om so iets aan n ander te doen nie – ONGEAG die ‘rede’ daaragter!!!!!
KRY VIR JULLE!!

Matitia Agenbag ·

Mens kan nie glo dat daar nog sulke barbaarse mense is wat dit aan ander wil doen nie. Hulle verdien absoluut die nodige straf denkbaar. Heeltemal onaanvaaarbaar.

Liza ·

Kan jy dit nou glo, hoe vertraag kan mens wees, waar in jou lewe het jy so iets gesien, dis mos onnodig, dis hoekom hulle ons wittes so haat, mens doen nie sulke dinge nie, praat eerder …. ek hoop daardie twee vieslike witmans word op hulle plek gesit…….. nou moet onskuldige witmense nog verder gehaat word deur sulke onnodige optrede, het hulle nie van beter geweet wat hulle doen en verder aan ons witmense gaan doen nie. JA NEE DIS MOS NOU NET WAT MNR MALEMA NODIG HET……….. DOM DOM DOM DOM

Jan ·

Hierdie tipe dinge was jare gelede al studentepret met die doop van eerstejaars, lees ook my kommentaar hier bo.

Cacophony ·

Jan daar os ‘n reuse verskil tussen studente pret en hierdie tipe ding. Dink jy hierdie was deel van een of ander ontgroening? Was die man ‘n willi g participant? Nee duidelik nie. Jy kan mos sien en hoor hy is vreesbevange. Dis duidelik nie net bietjie onskuldige pret nie dis boeliea was hard geklap moet word

Jan ·

Cacophony, nou wat dink jy, het die eerstejaars wat daaraan blootgestel was, dit vrywillig laat doen? Onskuldige pret sê jy? Het jy al ‘n student gehoor as hy in so ‘n kis is en uithaak, van sy kop afraak, as hulle hom, na hulle kluite op die kis gegooi het hom daar los en wegry, hom eers ‘n paar uur daarna kom haal? Het jy so ‘n student gesien na hulle hom daar uithaal?

Niccy ·

Ag nee manne! julle is mos nie meer kinders om sulke lawwe goed te wil aanvang nie! Wat het jul nou van dit? Dis ‘n skande om enige iemand, wit of swart deur soveel trauma te sit. Pak gaan julle PAK kry en ons ander blankes se name swart smeer. Genoeg is genoeg mens soek asb vrede in die mooi land van ons.

Christelle ·

Ai, ai, dit was regtig so onnodig…. wat gaan deur mense se koppe wanneer hulle sulke idiotiese dinge aanvang….

Hettie ·

Ag nee, arme Victor! Hulle moenie so maak nie. Hoop hy is okey! Sterkte Victor!

Ster ·

Ek kon nou ‘n ander woord gebruik het, maar wat te hel gaan in ‘n gesonde mens se verstand aan??? Ek weet nie wat die motief was vir dit nie, en wat na die tyd gebeur het nie, maar geen mens het die reg om dit aan iemand te doen nie. SKAAM JULLE!!! Dit is skandelik. Kan nie glo julle neem nog ‘n video van dit nie. Ek is so bly ek het julle nie as vriende of familie nie.

Adri ·

Seriously julle moet julle pak vat. Dit is totaal en al onaanvaarbaar om so iets asn enige iemand tw doen en nog video te maak tot groot vermaak. Moenie kom met n vergelyking oor wat hulle aan ons mense doen nie. Ons kannie na daai vlak beweeg finish en klaar. Julle is n disgrace.

Annalet van der Merwe ·

Dit is disgusting!!! Hulle moet gestraf word

Manie ·

As ek na die kommentaar kyk lyk dit of malema al behoorlik vrees ingeboesem het onder die wittes?

Thea Gerber ·

Manie, dit gaan nie oor vrees nie, maar oor basiese opvoeding. As ‘n ding nie reg is nie, gaan jy hom nie regpraat nie. Boereordentlikheid bestaan nog.

bianca ·

hkm word net ons gese ons is rasisme

wat was da an gedoen toe di video op fb gepĺaaa is wa hule n skool dogtertji ini gesig slaan omdat sy verby hom geloop het

Alwyn ·

@bianca jy vergelyk een storie met ’n ander, daar is geen gelykenis nie. Hier is gans te veel mense wat vergelykings optrek met vorige nuusgebeure, dié is ’n nuwe berig met nuwe kwaaddoeners – die enigste ding wat dieselfde bly in dié stories/berigte, is die mentaliteit van die oortreders asook dié van die mense wat kommentaar lewer.

Pieter ·

Jy hoef nie bang te wees vir malema om te besef dit is banaal en uiters onverantwoordelik om in vandag se tyd sulke dom aksies op te neem en die wêreld in te stuur nie! Sulke mense verdien die straf wat oor hulle gaan kom!!!

Tom ·

Mense , ons is n trotse , opgevoede en gelowige nasie wat nie die soort optredes kan goedpraat nie en ons moet dit staak en die wat weet van sulke skandes wat kop uitsteek om die betrokke persoon/e aan te spreek daaroor. Ons moet baie eerder as n nasie saamstaan en hande vat in die huidige omstandigehede van ons land en mekaar op die regte pad vorentoe te lei en om mekaar te beskerm en te respekteer ongeag wie dit mag wees . Hierdie persone het almal in die skande gesteek wat nog as daar vrouens en kinders in hul lewens is.

zahn ·

Aan almal wat hierdie twee dwase so erg aanval, die volgende: Ja, dit was dom en onnodig en als. Hoekom tree julle nou so hard op teen die twee sotte, maar as ‘n ou tannie of oom in hul huise oorval word, word nêrens,nie eers in Maroela se dekking, iets genoem van hoe die arme tannie of oom om hulp gesmeek het nie. Jitte, maar julle oordeel die witmens darem lekker! Ek praat dit onder geen omstandighede goed nie, ek stem eintlik saam met julle, maar om nou so tekere te gaan, gaan julle nie outomaties beter laat word in die swartman se oë nie.

Kom net by. In stede van mekaar trap, kom ons staan saam. malema raak gedurig goed kwyt teenoor die blankes, en dan is julle stil. Nee sies man!

Ronnie ·

Want #Zahn, ons het 1. Nie die oortreders van die plaasmoorde op video nie en ons 2. Weet nie wie die oortreders van plaasmoorde is nie en akmal kan sien dat hierdie 3. Suiwer rasgedrewe is. Sies vir wie?

Pieter Ellis ·

Ek sal graag die hele storie wil hoor – waarom die twee kluite die man nou in n kis gedwing het. Wat ookal die rede kon wees, dit wat hulle gedoen het is stupid en onaanvaarbaar.

Kan ons dit ooit goed praat deur te se maar hulle het sus en so gedoen, daarom doen on so. Of dit nou Winnie Mandela en wat sy aan Stompie Moeketsi gedoen het, Eugene Tereblanche se moord, Hani se moord, die onbekende hawelose wat doodgeskop word, die bekende bankier wat in Sandton gemartel en vermoor is, wie of wat ookal, deur jou woorde en dade sal jy geoordeel word. Hierdie gedrag, van watter groep jy ookal is, kan en mag nie geduld word nie.

Anoniem ·

Hoe stupid kan n mens nie wees……………………………………………..

Nee man ·

Kan nie glo iemand is nog so onnosel in ‘n tyd wat die EFF mense aanhits om wittes te vermoor nie, en julle dink dis ‘n joke en dan NEEM JULLE JULLESELF NOG AF OOK? Hierdie video gaan weer viral gaan, hoe moet die witmense in SA hulleself defend as julle sulke simpel goed aanvang? Nee man . nou speel julle so reg in die hande van Julius Malema, nou kan hy vir die WERELD gaan wys wat se RASSISTE in SA woon .. sies man!

angeliqe ·

OK GOED EN WELL MAAR WAT VAN DIE VIDEOS WAT ONS WIT MENSE GEMARTEKL WORD TOT DIE DOOD???? WAAR IS DIE VIDEOS WAT WYS HOE ONS DOGTERS VERKRAG WORD???? NEE NIE SO GEDINK NIE NEWANT DIE MEDIA IS LANKAL NIE MEER AAN ONS KANT NIE AS JULLE WAS SOU JULLE OPHOU OM MALEMA DIE GENOT TE GEE OM ELKE DAG SE GESIG OP DIE VOORBLAD TE SIEN OOR SY VIESLIKE DREIGEMENTE??? MY OPINIE DIE MEDIA IS DIE GROOTSTE OORSAAK VAN RASISME!!!!

Carien ·

Angeliqe is jou voorstel dus dat ons nou uitdraf en dieselfde doen?

mari ·

Julle moet pasop. EFF het julle boerdery se adres al klaar bekend gemaak op hulle twitter . Hulle gaan seker kom vir julle.

Rina ·

Wat gaan aan met ons land en sy mense? Dis swak en vieslike gedrag! Geen verskonings of regverdigings hiervoor – dis onmenslik en siek! Hulle moet maar die gevolge wat hieruit gaan voortspruit dra – so onnodig! Jammer hieroor!

M'Lady ·

Goeie genugtig. Ek sien 81 kommentare op hierdie berig. Ek praat nie goed wat hierdie twee mans gedoen het nie, maar soveel van slegse het ek nog nooit gesien nie. Dis hoekom ons sit waar ons vandag is. Ek is skaam vir mense wat so optree maar ook skaam vir die nydigheid en slegse van die Afrikaner teenoor ander Afrikaners.

Anoniem ·

M’Lady nee ons se nie sleg,maar mens vang nie sulke goed aan. Sulke optredes veroorsaak nou net dat hul ons meer haat. Hulle verstaan nie dat dit wat hul doen is ook verkeerd nie….Mens doen dit eenvoudig net nie…In elk geval nie as jy n ordentlike opvoeding gehad het nie. Daar is ander maniere hoe mens dinge hanteer, maak nie saak wat jou velkleur is nie. Die hits net nog meer haat aan!!!!!!!!!!!!!!!!…

Cacophony ·

So jy stel voor ons bly net stil net omdat hulle Afrikaner mans is?

charmaine ·

Wat vir verstommend is dat dit altyd mans is wat al hierdie dom dinge doen?

Groot Gert ·

Nooit mense hoor wat se jul als.
Charmaine wat van die antie nou onlangs op die strand?
Lekker lag kom lekker huil het oorle oupa gese.
Kom ons los die klippe en stokke en werk eerder saam aan die ou sakie, miskien kom ons dan erens.

Laurika ·

Dit kos net EEN so ‘n voorval om negatiwiteit verder op te warm teenoor alle blankes. Danksy die twee swape se gedrag gaan nog ‘n plaas boer sonder genade geslag word. Julle het bloed op jul hande, verdomde swape.

Marsha ·

Ek wil graag aan AL my mede Siud-Afrikaners sê dat ons as Suid-Afrikaners nie hierdie gedrag goed praat of OOIT sal goed praat nie .Ons keur enige verkeerde optrede wat enige Suid -Afrikaner teenoor ‘n ander Suid -Afrikaner pleeg ten sterkste af.Ons hoop dat die gereg hier net soos in AL die ander misdaad-gevalle sy loop sal neem.En ons hoop dat die naamnoemery tussen Suid-Afrikaners sal stop en dat ons eerder sal begin konsentreer om as n GROOT nasie saam te staan.

MM ·

Die mense leer maar net nie. Ek dink hulle is sonder ore gebore.
Ek wonder nou maar net waar gaan die volgende plaasmoord wees.

Cecily ·

Hoe kan n mens so onmenslik wees maak nie saak watse vek kleur jy het nie mens doen dit nooit aan iemand nie. Skande dat mense so kan optree.

Oom Kalahari ·

Hierdie aangeleentheid was nou regtig ongevraagd in vandag se tye en hoe dit deesdae gaan op politieke platforms. Geen Christelike mens met menslikheid, trots en respek tot ieder en elk sal hul met sulke optrede vereenselwig of goed praat nie. Die wêreld se oë is op ons gerig, maar sulke optredes verskaf net negatiwiteit en skietgoed vir Mnre Max du Preez en kronies. Die waarheid sal sekerlik vorendag kom in die hof, maar die jongelinge moet weet dat hierdie optrede baie stertjies gaan kry en vir lank op baie se lippe gespreek gaan word in die toekoms wat vermy kon word. Gedane sake en optredes het geen keer of terugdraai punt. Jou optrede van vandag is iets wat jy more mee moet saamleef.

stef90 ·

NOG PETROL op die VUUR , hoekom moet ALLE WIT MENSE onder lei deur die idiote wat sulke nonsens aan jaag , tweedens asseblief mense hou op sulke goed op eenige sosiale media te plaas wat in my opinie word alls deesdae dop gehou nie eers wattsapp is meer veilig nie , dit is wat my gesonde verstand vir my se..so daar is defintief slange in die grass ………

At Fourie ·

Ek hoop dat terwyl hulle daar in die trunk sit, dink hulle aan die onskuldige bloed van ondskuldige mense op plase en in dorpe wat hulle help vergiet deur die haat wat hulle help aanbaas met hulle sotlike optrede. Wat my betref kan hulle vrot in die tronk.

Dottie ·

Ek gee nie om wat jou velkeur is nie! En ek glo aan, as jy skuldig is (& dom ook nog daarby) moet jy boet vir jou dade.

& dit kom van ‘n vrou van kleur!

Andrea ·

Nee, Chantelle. Dit gaan oor die verskil tussen opgevoede, denkende mense en stommerikke wat nie net wreed is nie, maar gladnie dink oor die uitkoms van hul dade nie.

cor ·

Boer die storie agter die storie is die manne het dr kromhout en slingerhout se medisyne gebruik toe word hulle baie slim en baie sterk en slim vang sy baas. So laat hulle maar die gevolge hulle dade dra, geen simpatie met hulle nie.

Yollie ·

Ai tog. Kan ‘n mens so dom wees? Hulle maak al die blanke mense se naam sleg. Ons probeer vrede in ons land kry en hulle huts geweld aan. Ek hoop hulle kry die straf wat hulle verdien. Hulle is oud genoeg om van beter te weet.

Annelie ·

Ek hoop julle sit lank in ‘n tronk want julle verdien dit! Wanneer ek so iets sien kan ek net my kop in skaamte laat sak. Dis jammer daar is mense soos julle in ons pragtige land.

Boerseun ·

Ek dink dit het tyd geword dat die land se mense kennisneem dat die grootste meerderheid witmense walg aan hierdie laakbare daad wat gepleeg is deur mense van eenderse kleur as ons. Hierdie mense verdien die swaarste straf denkbaar, want nie alleen sleep hulle witmense se openbare beeld deur die modder nie, maar is hulle ook direk aandadig aan haat-aanstoking. Haat wek net meer haat. Hierdie onbesonne daad kan nie reggetrek word deur ook ander misdade op te noem wat deur ander gepleeg word nie. Ons, as witmense, moet ons harte en lewens weer regkry teenoor ons God, dan sal ons verhoudinge met ander mense ook regkom.

Miela ·

SA en die res van die wêreld moet ons afhanklikheid van Jesus bely en besef Hy is God en nie ons as mens nie…ons moet ons eenvoudige belofte met trots nastreef…geloof, hoop & liefde…?????? Werklik tyd dat ons weer sal kniel voor Sy voete ❤️ … nie op Prinse vertrou nie maar op ons liewe Heer vir uitkoms…

Leilani ·

Ja wel, more is my dorp Middelburg dalk in chaos oor die onopgevoede manne se optrede Malema haat die wittes alreeds , stook gaan gestook word more, hopenlik ontaard dit nie in geweld nie. Julle 2wit manne moes GEDINK het! So iets doen mens aan mense nie maak nie saak watter kleur nie, maar hierdie gaan as rassie gehanteer word en ek is sorry maar vir my lyk dit ook soos rassie

Leilani ·

Ai my spelling ek bedoel rassisties en nie rassie nie…ai

Penellope Jones ·

Besef asb dat deesdae met selfone, enigiets opgeneem kan word en sal word en dit teen mens gebruik kan en sal word.
Niks en niemand is meer veilig en privaat nie en besef asb dat as daar grappies gemaak word, veral soos hierbo, dit resoneer op mense wat totaal onskuldig is!
DINK EERS BAIE GOED VOORDAT ENIGIETS GESe OF GEDOEN WORD!!!

anton ·

Ek het nog nooit soveel kommentaar op n berig gesien waar daar blankes vermoor of verkrag ens. is nie en die man is nie eers vermoor of gemartel nie.
Geen wonder ons nasie is in sy kanon in nie.
Ons sal mekaar nog met klippe dood gooi om te probeer guns wen in n ander nasie se oë!!!

Jonathan ·

Wat gebeur het is gedane sake en gebeur ook in ander kleur groepe,
met al die komentaar skryf nou maar ook aan aan die leiers om almal toe telaat om vrede saam te woon

JC ·

Ek stem saam anton, geen wonder die Afrikaner is in sy kannon in nie, en ons staan skynbaar gereed vir die “slagting” wat kom, mooi netjies in ‘n ry soos die Jode in Duitsland. Daar was nog nooit soveel kommentaar op ‘n WREDE PLAASMOORD nie soos bv. tannie Annerie Grobler in Ventersburg wat vermoor is. Wat is hierdie daarteenoor?????? Tien teen een ‘n grap met geen duidelike bedoeling van uitvoering nie!!! NOU IS DIE MENSE WEER OP HOL OOR NONSENS!! Al die persone hierbo en hul kommentaar, word soos skape gemanipuleer deur die (sosiale) Satans media en hoofstroom media!!!
Groei vir ‘n slag net ‘n ruggraat-niemand is vermoor nie! Wat het geword van mense se sin vir humor, om alhoewel ‘n daad duidelik nie PC is nie en onbeskof is, ook die SNAAKS daarin te kan sien.
Oorsensitiwiteit! PC!!!! DAAR IS NIE HOOP NIE, WERKLIK!! Ek stem saam met Jp hieronder, wat van daai Malema se uitsprake, dooie hemel gee my krag!!!!!!!!

Jp ·

Kyk, dit was nou glad nie reg om te doen nie. My vraag is as die EFF stem kan duk maak hieroor, wat van al die rassistiese ding wat Malema hul leier dan van wit mense sé? Ook die noord dreigemente van die EFF leier teen oor wit mense?

Kobus ·

Vir my is dit net eenvoudig n sotlike gedrag van twee groot manne wat nie n greindjie selfrespek vir hulself en vir ander het nie….as hul dit aan n moontlike onbekende mens kan doen….wat is die kanse dat hul dit aan mense baie naby aan hulle ,kinders of diere kan aandoen…sulke mense verdien nie respek of genade

Mariaan ·

straf n skuldige persoon nie net enige persoon om wraak te neem nie. dis weed en ek sou dood gewees het van skok.waar is julle mentaliteit.daar is n tyd en n plek vir als

Daan ·

Jan,daar gebeur baie sadistiese en siek dinge tydens ontgroening.Daar moet reels en perke ingestel word.

Cacophony ·

Waar lees julle dat hierdie ontgroening was???? Of probeer julle maar net die aandag aftrek van die deit dat hierdie ‘n siek daad was? Asb fokus tog op die relvante issues.

Jan ·

Cacophony, maak dit saak of so ‘n daad tydens ‘n sekere okasie, ritueel, of sommer net, gebeur het? Maak dit die daad minder of meer siek? Die traumatiese ervaring vir die ‘slagoffer’ bly dieselfde. Tydens studente ontgroening byvoorbeeld, word die daad nie in ‘n groep uitgevoer nie, nee, die ‘slagoffer’ word in die nag uit sy bed gepluk, na ‘n plek geneem waar die kis is, dan volg die ritueel, waartyden hulle die persoon in die kis forseer, edm, edm. Hulle gee dan later voor en dit voel vir die persoon in die toe kis na die werklikheid as hulle hom in ‘n gat laat afsak en kluite met ‘n graaf op die kis gooi, weg ry dat die persoon in die kis dit hoor en dan kom haal hulle hom later in die nag weer. Dink jy so ‘n persoon is nog by sy sinne daarna?

Heleen Venter ·

Ek dink dis rerig dom en ongevoelig om so iets aan te vang. Maar ek dink as ons n video kan sien van n plaasaanval waar mense sekerlik ook huil en soebat sal ons baie meer geskok wees.

Jackie ·

Dit bly my verbaas dat uit alle kulture dit meestal ons “jeug”, die na 1994 is wat nie hulself kan gedra nie. Genade net nadat mnr landbouweekblad sekere mense as whitetrash noem.

FM ·

Aan die een kant is daar die rassehater malema wat praat van white boytjies en al wat blank is sleg maak en die ander pool die afrikaners without brains, soos hierdie minder intelligente daad. Baie pateties!!!! Wie het dit afgeneem en wie het dit op sosiale media geplaas, wil ek graag weet.My mening is dat ons brue moet bou met behoud van ons identiteit. Gelukkig is hierdie afrikaners without brains tipe besig om al minder te word. Julle het vir julle gatte n lat gepluk. Sorry manne, sulke vernederings is net nie meer deel van ons samelewing nie.Dis jammer dat daar nog sulke blankes is.

pietskiet ·

Ek weet een ding as iemand my in n doodskis moes sit was ek seker mal daai 2 sou nie die son opkom kon herleef nie die arme man het seker mal geraak hulle mag en kan maar m pak kry van EFF of ANC dit sal beslis ligter wees as die van myne dis n skande maak nie saak wit…swart of watter geloof nie dis n siek wit nasie in Suid Afrika

Jaco ·

Dit wat hierdie jong manne gedoen het was baie dom.Maar waar is die media ens toe Malema sy groot mond al tale keure oop gemaak het

Tanya ·

Afskuwelik skaam julle!!!! Waar is julle maniere sies man skaam my dood

Alida ·

JC jou vertolking van sin vir humor stink. Dit is barbaars en ek stansieer myself van my eie nasie. Dis walglik en vieslik. Petrol op die EFF se vuur. Wat kry julle nou daaruit?

Charles ·

Ek hoop hul word gestraf want nou stook hul iets wat kon gebly het nou stel hul baie boere se lewens in gevaar met die kinderlik maniere van hul

Rianto ·

‘n Mens probeer in vandag se tye die lewe bekyk deur die oe van ander. Daar is baie mense ongeag velkleur , inkomste groep, politieke oortuiging, kwalifikasie , beroep wat net nie die groter prentjie kan raaksien nie.. hier is n sprekende voorbeeld. Die vraag is as julle as wit mans gevonnis word en tronk toe gaan hoe lank julle dan gaan oorleef. Potensiele blink toekomste daarmee heen. Tragies as mense blind is..

Marius Ellis ·

Ongelukkig kom rassisme vanaf wit én swart, want die land is die afgelope 20 jaar in ‘n algehele gemors gedompel. Dis soos ‘n sweer wat rypgedruk word. Hoe gouer hierdie sweer oopbars, hoe gouer kan die wond genees.

JR ·

So, Dis slegs aanvaarbaar as hy iets dergliks aan n WIT MENS wou doen? Kom ek sê jou, die Tweede se optrede is GEENSINS aanvaarbaar nie. Wat, sou jy sê, sal n aanvaarbare straf wees ,waneer gereg in eie hande geneem word, sou dit aan die lig kom dat die man onskuldig was???

Genade ·

146 kommentare, waarvan byna 99% veroordelings is. Gee die mense nog meer skietgoed vir ‘n ongenaakbare vonnis. Mag ons Vader elkeen vergewe wat ‘n spyker in 2 jongmans se lewenskis ingeslaan het. Ek is vanaand jammer om te sê dat ek ‘n wit Afrikaner is as ek na al die verdoemende kommentare hierbo kyk.

Johannes Meintjes ·

Die absolute gebrek aan tersaaklike leiding vir ons blankes, vanuit die kerk, politiek en die ekonomie, veroorsaak dat ons mense by dwase dinge en dade betrokke raak in ‘n poging om van uiterste frustrasie en ekonomiese verarming te ontkom. Waar is die oortuigende aksies en meganismes van selfbestuur wat elke man, vrou en kind tot op laagste grondvak in die vervalle “Nuwe” SA bemoedig en hoop gee?

Trots Afrikaans ·

Wat het geword van die Christen Afrikaner volk wat met integliteit die morele hoëgrond gehou het…..

gatiep ·

Lyk vir my as daar die dag moeilikheid kom gaan ons eie mense ons uitverkoop aan malema. Was ook jode wat jode uitverkoop het in 2de wereld oorlog dit terwyl van die duitsers hulle probeer beskerm het. Ek vertrou Zuma meer as ons eie mense,maar dis nie te se ek regverdig wat daai ouens gedoen het nie.

Landie ·

Dit vat gewoonlik een mens om die grootste fout te maak. Hoe doen jy so iets aan enige mens . Dit is onvanpas. Nee man dit is swak gedrag. Ek hoop hulle word gestraf vir die daad. Swak man.

Pierre ·

Niemand kan hierdie optrede goed praat nie, dit is beslis nie deurdag om dit nog op sosiale media te plaas nie, want hierdie manne het nou niks bereik nie behalwe om weer die blanke wit man te diskrediteer. Wat egter tog ontstellend is, is die feit dat die EFF en hulle leiers weg kom met moord, die uitsprake om die blanke uit te wis is beslis nie net te ignoreer nie en is ek ernstig daaroor dat Malema en sy radikale volgelinge ook nou opgesluit moet word. Skeer almal onder dieselfde kam.

Freeman ·

Hulle kan nie te slim wees as hulle ‘n video daarvan maak nie.

Lucelle ·

Sies hel mens doen nie sulke dinge nie GOD slaap nie daarom kom dit aan die lig. Sies sies sies eks spraakloos. Ons is nie barbaars nie sulke mense wat ons swaar laat kry. En ons is nie so nie. Flip moordenaars …..

HOPELIK WORD ONS NIE ONDER EEN KAM GEKAM NIE WANT ONS IS NIE SO NIE. ONS LIEF ONS NAASTES EN SIEN NIE KLEUR NIE.

tamboti ·

Lucelle, die slagoffer is nie vermoor nie – net gedreig – met die doel om af te skrik of inligting te bekom. Sou jy beter gevoel het as dit andersom gebeur het? kom aan wees eerlik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.