Twee in hof oor hondesmokkel

Van die honde waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Van die honde waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Twee Angolese mans wat daarvan beskuldig word dat hulle met honde gesmokkel het, het Vrydag in die Springbok-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn.

Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak is tot 29 Oktober uitgestel.

Inocencio Da Silva Manuel (35) en Joao Texteira Antonio (37), is op 17 Augustus by die Vioolsdrift-grenspos in hegtenis geneem. Daar is 33 honde in hul besit gevind. Hulle het glo net uitvoerpermitte vir 23 van die honde gehad.

Daar is onder meer boerboele, poolhonde, Duitse herdershonde en ander kruisings in die mans se besit gevind. Kock het gesê meeste van die honde was gedehidreer en het tekens van wanvoeding getoon.

Manuel en Antonio is tydens hul vorige hofverskyning op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

veronica ·

GEEN borgtog behoort toegestaan te word nie!! Laat hulle vrot in ‘n hok sonder kos en water! Soos die arme honde moes! Hulle lag vir die boetes en betaal dit uit hul gatsakke uit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.