Twee in hof oor mensehandel

Argieffoto

ʼn 42-jarige man en ʼn tienermeisie sal vandag in die Springs-landdroshof verskyn op aanklagte van mensehandel ná vyf meisies tussen 14 en 19 jaar oud Vrydag uit ʼn huis in Springs gered is.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het tydens die inhegtenisnemings op dwelmmiddels en pornografiese materiaal beslag gelê.

Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle het ʼn wenk ontvang dat meisies by die huis aangehou word waarna die klopjag uitgevoer is. Die man is glo lid van ʼn mensehandelsindikaat.

“Die tienermeisie (17) wat in hegtenis geneem is, het glo die ander gewerf vir die sindikaat. Die man is ʼn buitelander,” het Tshilate gesê.

Nandi Mayathula-Khoza, Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het die inhegtenisnemings verwelkom en gesê die meisies wat gered is, is nou in die sorg van die departement.

“Dié verwikkeling dra by tot ons geveg teen mensehandel, wat een van die grootste georganiseerde misdaadbedrywe in die wêreld geword het,” het Mayathula-Khoza gesê.

Sy het bygevoeg dat die toename in dié soort misdaad hand aan hand gaan met maatskaplike ontwikkelingskwessies soos werkloosheid en armoede. “Die meeste slagoffers is van arm huishoudings afkomstig.”

Volgens haar het die regering ʼn teenmensehandeltaakspan wat uit verskeie departemente, lede van die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag bestaan op die been gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Doodstraf ·

Doodstraf vir die 2, in mensehandel en seks misdade is daar nie 2de kanse, hulle is onrehabiliteerbaar. As die 2tjies in Botswana was, was dit so, hulle verdra nie sulke onreg aan gewone eerbare mense nie.

Natasja ·

Ek was ‘n hele paar jaar gelede in Springs maar toe al het die duidelik sieklike prostitute sommer in die dag al op die strate gestaan en ook op die sypaadjies gehurk om te urineer. Hulle het vulgêre goed vir my as wit vrou wat oppad werk toe was geskreeu, dinge wat ek nie kan herhaal nie. Ek het in 2010 opgepak en in die berge kom bly. Wil nie eers dink watse nes dit nou al is nie.

laevelder ·

natasja ry maar enige dag op dieR37 (dink ek) bekend as die “ou Lydenburg pad” tussen Sabie en Nelspruit. knap buite Nekspruit gaan jy die dames vind. sit I. broeke met hulle ontblote oop keteks na die verkeer gedraai om hulle ware te adverteer. hier in die laeveld se ons sommer die spaza is oop as ons dit sien. die sapd doen nie n ding om hulle te ontmoedig of aan te keer nie. maar stop gereeld daar. wat my laat wonder …. is dit dalk wettig om buite dorps gebied, kug kug….. hie hie hie …. te adverteer?

Petro ·

.dit is as daar nou geen beheer by ons grense toegepas word nie dan kom al die misdadigers vrylik in die land wat noem die ANC dit nou seks slawe dit is wat hul is

Carol ·

En hoe het die ’buitelander’ die land binnegekom? Wettig?

Theresa ·

Tien teen een geen document nie. En a g v slapheid op grense, word mense se lewens geruïneer in ons land. Wie is die man? Wys sy gesig op elke lamppaal en by elke sentrum. Ook so sy liewe medewerker. Semels.

Drikus ·

Ek kan nie eens begin om te beskryf met hoe min genade die booswigte gevonnis moet word nie. Iemand, wat bereid is om so onmenslik te wees, verdien die swaarste moontlike straf. Die meisie, wat die lokaas was, kon by ‘n kerk of elders gaan hulp soek het, eerder as om tpt soiets gedwing te word. Ek is seker die howe sal egter haar omstandighede heel tereg so in ag neem. Die misdadigers agter haar, nee wat …..

Ai ·

Ag great, nou gaan hy weer op ons rue teer en seker binne n jaar vrygelaat word want ons tronke is mos vol.

Ons moet van daai groot middel eeuse catapults by ons grense sit en die onwettiges oor skiet terug na die buur lande toe.

Elmarie Pretorius ·

Ja die is waar die is nie die enigste mensehandel saak nie. Springs en omliggende areas van Springs word daaglike sonder om die regte protokol te volg kinderhandel gepleeg en meer as n jaar is saak in hande van Hawks en ander departemente en dit HANG. EK VERSTAAN NIE HOEKOM WANT AL ONS BEWYSE IS DAAR. Ons het 4 ander kinderhandel sake gedoen en dit was suksevol afgehandel met geen media dekking.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.