Twee in hof oor olifanttande, wapens

Jason John Colx (links) en Hendrik Bernardus Ellis. Foto: Valke

Jason John Colx (41) en Hendrik Bernardus Ellis (32) sal weer Vrydag in die Nelspruit-landdroshof in Mpumalanga verskyn en om borgtog aansoek doen.

Colx en Ellis het Donderdag in die hof verskyn nadat hulle vroeër die week deur lede van die Valke en misdaadintelligensie in hegtenis geneem is.

Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, is die mans in Sunriseview in Nelspruit in hegtenis geneem nadat inligting ontvang is dat hulle glo olifanttande in hul besit het.

“ʼn Soektog is op die perseel uitgevoer en daar is op ses olifanttande en vyf onwettige vuurwapens beslag gelê.”

Die verdagtes word aangekla van die onwettige besit van olifanttande, die onwettige besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, asook regsverydeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tersia ·

Sluit toe gooi weg die sleutel!!!! Sies man. Skaam my morsdood vir julle twee.

Viss ·

Beste nuus vir die dag sover,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,gaan gooi hulle sommer in die Krokodilrivier.

AndrewL ·

Ek het jare gelede gehoor Swaziland het verpligte tronkstraf vir wildsdiefstal. Is ons tronke te min of vriende te hoog op.

Ansie ·

Maak hulle vir ‘n maand lank ‘n olifant trop te voet volg. Elke tree deur die bosse en watergate, riviere en oral waar die olifante gaan. AS hulle oorleef is hulle hopelik genees van olifanttande!! Hoop hulle is fiks. olifante loop ver in ‘n dag en nogal vinniger as mens dink.

Ertjies ·

Dele van die berig is onwaar, ek weet persoonlik dat daardie wapens in die foto gelisensieer is en wettig is, Maroela media moet mooi seker maak oor hulle feite voor hulle sulke publikasies maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.