Twee in hof oor onwettige aborsies

Argieffoto

Argieffoto

Twee vroue het Maandag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn op 25 aanklagte van die verberging van geboortes.

Die polisie het verlede week een vrou tydens ʼn klopjag in hegtenis geneem nadat verskeie fetusse, wat glo in ʼn vrieskas versteek is, gevind is. Die klopjag vorm deel van ʼn ondersoek oor onwettige aborsies in Nelson Mandelabaai.

Die polisie het vroeër gesê die polisie het ʼn wenk van ʼn hospitaal ontvang wat vroue behandel het wat komplikasies gehad het ná onwettige aborsies uitgevoer is.

Volgens die klagstaat het Lulama Cabela en Babalwa Cabela glo die geboorte van 25 onbekende kinders versteek en van die liggaampies ontslae geraak. Die klagstaat is nog voorlopig.

Volgens die klagstaat was Lulama ʼn geregistreerde verpleegster by ʼn fasiliteit wat voorgeboorte- en nageboortesorg aan ma en kind lewer.

Die staat voer aan Lulama het aborsies by die fasiliteit en haar huis uitgevoer op vroue wat langer as 13 weke swanger was. Volgens die Suid-Afrikaanse wetgewing mag ʼn aborsie slegs tydens die eerste drie maande van ʼn swangerskap uitgevoer word sonder om ʼn dokter te spreek. Ná 13 weke moet ʼn aborsie in gesprek met ʼn mediese praktisyn uitgevoer word.

Die staat voer ook aan die “Moeder-en-kind-gesondheidsorg”-fasiliteit was nie behoorlik goedgekeur wat betref plekke of omgewings waar aborsies uitgevoer mag word nie.

Die saak hervat Dinsdag. Die vroue bly in aanhouding by Humewood-polisiestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kiewiet ·

Alhoewel daar ‘n verskeidenheid voorgeboorte beperkings medikasie beskikbaar is, is daar ‘n groot groep vroue wat glo aborsie is ‘n vorm van geboortebeperking.
Hulle gebruik dit as ‘n vinnige opsie. Hoe gewetenloos.

Liewe Heksie ·

Ek sukkel ook om by daai punt uit te kom Kiewiet daar is n verskeidenheid voorsorg op die mark en dan ook gratis beskibaar . ek was so twee weke gelede daar vir met werk en ek het geluister na van die helpers daar is tot in hul gesprekke van 12 jareges wat swanger is en ek het naar geword Jo ek kan nou baie se maar laat ek liewers nie

pop ·

Om n aborsie te laat doen is in my oe beter as om n ongewenste kind in die straat te sien sit met honger oe en vuiler as varke wat op n werf rondloop. En dan word van hulle al seksueel misbruik as hulle skaars uit die doeke uit is. Kinders word nie verwek uit liefde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.