Twee in hof oor PE-man se moord

mes-aanval

Argieffoto

Twee mans het Dinsdag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn in verband met die moord op Kobus Jonker (51).

“Jonker is op 9 Januarie 2017 dood aangetref in sy woonstel in Newtonpark. Hy het verskeie steekwonde gehad,” het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn Buurman het op sy liggaam afgekom toe hy onraad vermoed het. Hy is die oggend weg werk toe en het gesien Jonker se deur en motorhuisdeur staan oop. Toe hy die middag terugkeer, het die deure steeds oopgestaan.”

Jonker het alleen gebly maar het die Sondag, 8 Januarie, vermoedelik kuiergaste ontvang. “Sy motor, ʼn wit Chevrolet Spark, en sy selfoon was vermis.”

Forensiese bewyse het die verdagtes met die toneel verbind en Brandon Crouse (23) is op 24 Februarie 2017 in Bethelsdorp in hegtenis geneem. Romeo Draai (22) is op 6 Maart 2017 in sentraal Port Elizabeth aangekeer.

“Die twee verdagtes staan tereg op aanklag van moord. Hulle aansoek om borgtog is afgekeur en hulle moet op 10 April 2017 weer in die hof verskyn,” het Naidu bygevoeg.

Jonker se motor is uitgebrand en verlate in Struandale gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Dit is wat ‘n lewe vir HULLE werd is – net ‘n SELFOON en ‘n MOTOR!!! WAT ‘N SKANDE!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.