Twee in hof oor R12 miljoen se Mandrax

Die mandraxvonds wat op 19 Januarie 2016 naby Bloemfontein gemaak is Foto: Verskaf deur die Valke

Die mandraxvonds wat op 19 Januarie 2016 naby Bloemfontein gemaak is Foto: Verskaf deur die Valke

Twee verdagtes wat vandeesweek op die N1 naby Bloemfontein in hegtenis geneem is omdat hulle glo Mandrax-tablette ter waarde van R12 miljoen in hul besit gehad het, het Woensdag in die stad se landdroshof verskyn.

Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, is die saak tot 8 Februarie uitgestel wanneer hulle na verwagting om borgtog gaan aansoek doen. Hulle word van dwelmhandel aangekla en bly in aanhouding.

Die verdagtes, ʼn man (40) en ʼn vrou (35), is vroeër die week in hegtenis geneem nadat die Valke ʼn wenk ontvang het dat hulle in ʼn afleweringswa, waarin die dwelms versteek was, van Gauteng na die Oos-Kaap onderweg was. Die voertuig is naby die Verkeerdevlei-tolplaza opgemerk en beamptes het dit agtervolg tot net voor Bloemfontein.

Beamptes van die Valke het op ʼn tuisgemaakte kompartement onder die laaibak van die voertuig afgekom met dwelmmiddels daarin ter waarde van R12 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Moet gestraf word ·

Hierdie 2 moet hard gestraf word, ek hoop die Ligas gaan voor die hof toi toi, want dit vernietig baie gesinne, volwassenes en kinders se lewens! Ek dink egter daar is groter perde agter hierdie saak en ek hoop regtig die Valke kan hul vastrek en vasvat!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.