Twee in hof oor R85 m. se ecstacy

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee mans het Woensdag in die Middelburg-landdroshof in Mpumalanga verskyn nadat daar glo ecstacy-tablette ter waarde van R85 miljoen in hulle besit gevind is.

Lt.genl. Solomon Makgale, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die saak teen Valari Nikolov (41), ʼn Bulgaarse burger, en Gregory Lyris (45), ʼn Durbanse klubeienaar, is tot 13 November uitgestel wanneer hulle om borg sal aansoek doen.

Nikolov en Lyris is Dinsdagaand by die Middelburg-tolplaza in hegtenis geneem nadat die dwelms in hul motor gevind is. Die mans, wat in hegtenis geneem is as deel van ’n gesamentlike operasie tussen die Nasionale Misdaadintelligensie-eenheid, die Nasionale Ondersoekeenheid en die Valke, het op die N4 in die rigting van Durban gereis.

Drie ander mans is ook in hegtenis geneem by ’n huis in Westville, KwaZulu-Natal, vir die besit van chemikalieë wat gebruik word vir die vervaardiging van dwelms.

“Hulle het die eienaar van die huis en twee van sy werknemers in hegtenis geneem,” het Makgale gesê. Volgens Makgale is Lyris en die eienaar van die Westville-huis sakevennote.

“Hulle besit klubs in Floridaweg in Durban en ander dele van die Musgrave-gebied.” Makgale het gesê die drie ander mans sal Vrydag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Estelle ·

vat hulle van die strate af! hulle veroorsaak “mass destruction”!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Elizabeth ·

Estelle – eintlik is hul massamoordenaars as mens dit in perspektief bekyk – so baie dwelmafhanklikes eindig op die ou einde dood. So hierdie tipe van goed se “handel” veroorsaak dus op die ou end baie mense se dood, dus is hulle mos niks anders as massamoordenaars nie. Hulle verdien GEEN versagtende omstandighede en ek dink enige ouer, vriend familielid wie se kind/famlielid/vriend al deur ‘n dwelhel geraak is sal met my saamstem.

Estelle ·

Elizabeth ek stem een miljoen persent saam jou! Ongelukkig ken ek ook al die pyn en destruction wat dit veroorsaak!

Riaan ·

Ek wil nou nie oor beuselagtighede kerm nie, maar ek verstaan nie die plek waar hulle gevang is nie. Op die N4 by Middelburg – goed; maar: hulle was met die N4 op reis na Durban??? Die N4 loop tussen Komatipoort en Botswana (Lobatse) en nie Durban toe nie.

Marisa Deetlefs ·

As ‘n mens ooit blootgestel word aan ‘n verslaafde familielid dan haat jy hierdie mense wat handeldryf met “drugs” . Ek het al gevoel ek wil hulle almal uitroei want hulle SIEN nie die vernietigende effek van hulle dade nie!!!

Estelle ·

En glo my hulle loop klaar weer in die strate rond! Marisa ek voel soos jy, al hoe hierdie gebroedsels uitgeroei gaan word is met hulp van alle ouers van dwelmslawe wat saamstaan. Glo my die polisie loop oop en bloot op nigerieers af, nigerieers gee geld, en daar gaan die polisie, transaksie afgehandel, of sal ek se “bust” gedoen!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.