Twee in hof oor renosterhorings

Die Brits-landdroshof. Foto: Landi Malan

Twee mans het in die Brits-landdroshof verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is toe daar renosterhorings in hul besit gevind is.

Petrus Stephanus Steyn (61) en Clive Johan Melville (57) het vlugtig in die hof verskyn voor die saak tot 26 April uitgestel is wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Die Valke het vroeër gesê die twee mans se voertuig is Saterdag in die Hartbeespoortdam-gebied voorgekeer waarna daar op 167 renosterhorings beslag gelê is.

Die verdagtes is in hegtenis geneem nadat die Valke ʼn wenk ontvang het oor ʼn voertuig wat renosterhorings vervoer, het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die horings was glo vir die Suidoos-Asiese markte bestem. Die departement van omgewingsake het intussen die inhegtenisnemings verwelkom.

Die departement het gesê dat samewerking van die publiek van groot belang is vir sulke suksesse. Die publiek is versoek om renosterstropery aan te meld by 0800 205 005 of 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Juan

Sluit hulle toe en gooi die sleutel weg.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep

.
.
God die Skepper het ons beveel om om te sien na die diereryk…..maar duidelik is gretigheid en aardse skatte te aanloklik.
.
.

Weetmeer

Mense die is n tragedie. Almal dink nou die mense is stropers. Hulle is nie. Hulle het daai horings verkoop van boere wat totaal desperaat is om n inkomste te kry van diere wat wettig aan hulle behoort. Agv die staat se slapgatgheid besit hulle diere wat geen waarde het maar hulle moet honderdeduisende rande jaarliks betaal om die renosters op re pas. Geen boer se geld kan verewig hou nie. Wettig die horings dat die manne kan koop en verkoop sonder om diere dood te maak. Dan kan hulle geld verdien en steeds hulle diere versorg en beskerm en… Lees meer »

Hans

Sê ek ók!

emily

Maak n goeie voorbeeld van hulle.
Sies man skaam julle.