Twee in hof oor renosterhorings

Die Brits-landdroshof. Foto: Landi Malan

Twee mans het in die Brits-landdroshof verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is toe daar renosterhorings in hul besit gevind is.

Petrus Stephanus Steyn (61) en Clive Johan Melville (57) het vlugtig in die hof verskyn voor die saak tot 26 April uitgestel is wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Die Valke het vroeër gesê die twee mans se voertuig is Saterdag in die Hartbeespoortdam-gebied voorgekeer waarna daar op 167 renosterhorings beslag gelê is.

Die verdagtes is in hegtenis geneem nadat die Valke ʼn wenk ontvang het oor ʼn voertuig wat renosterhorings vervoer, het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die horings was glo vir die Suidoos-Asiese markte bestem. Die departement van omgewingsake het intussen die inhegtenisnemings verwelkom.

Die departement het gesê dat samewerking van die publiek van groot belang is vir sulke suksesse. Die publiek is versoek om renosterstropery aan te meld by 0800 205 005 of 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
God die Skepper het ons beveel om om te sien na die diereryk…..maar duidelik is gretigheid en aardse skatte te aanloklik.
.
.

Weetmeer ·

Mense die is n tragedie. Almal dink nou die mense is stropers. Hulle is nie. Hulle het daai horings verkoop van boere wat totaal desperaat is om n inkomste te kry van diere wat wettig aan hulle behoort. Agv die staat se slapgatgheid besit hulle diere wat geen waarde het maar hulle moet honderdeduisende rande jaarliks betaal om die renosters op re pas. Geen boer se geld kan verewig hou nie. Wettig die horings dat die manne kan koop en verkoop sonder om diere dood te maak. Dan kan hulle geld verdien en steeds hulle diere versorg en beskerm en ons erfenis bewaar. Horings is eintlik al wettig maar natuurverwarring se slegtheid maak dat permitte nie uitgereik word nie.

lh ·

Welgedaan! Wat wil hulle NOG uitwis? alles vir hulle eie verryking? Nee sies man . . .
Ek wag nog vir die saak van die vrome Hugo Ras en sy trawante wat 84 renoster se horings gestroop het, hoop julle almal sit lekker laaaaaaaank in die tronk! Julle verdien dit.

emily ·

Hoekom moet daai renoster sonder horing loop, hy is geskape met een. Hoe gaan dit lyk as mense besluit hulle soek vingers om te verkoop, Nee regtig, Die mense is net geldmal.
Ja ons sukkel almal, maar asb Los die weerlose diere uit.

marous ·

Is die goed gestroop of wettig gejag ? Vind dit eers uit .

Jordaan ·

Biae renosters word deesdae onthoring sonder m hulle dood te maak om hulle midner aantreklik vir stropers te maak.

boerboel ·

Moeder Natuur het net een Vyand en dis die mens, wat alles will verniel en dood maak. Alles net vir geld. Ek kry die baba Renosters so jammrer as die ma dood is, die arme goed weet nie wat hulle getref het nie. Sluit hulle toe vir altyd. Sulke mense verdien nie n’ tweede kans nie.

Johan ·

Die ou klomp wat nou weer so op wa spring. Kom eers agter die regte storie. Die horings is wettig gesny.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.