Twee in hof oor renosterhorings

Foto: Verskaf

Twee mans het Vrydag in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige handel in renosterhorings en oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit.

Mattheus Willem Johannes Viljoen (55) en Gerrit Michael Johannes Davies (65) sal op 18 Oktober weer in die hof verskyn wanneer hulle na verwagting om borgtog aansoek sal doen.

Die twee mans is Donderdag tydens ʼn intelligensiegedrewe operasie deur die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad en SANParke se veediefstaleenheid in hegtenis geneem.

“Daar is twee renosterhorings en vyf ander kleiner stukke ter waarde van R1,9 miljoen in hul besit gevind,” het Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, gesê.

Volgens Mnisi is daar ook op ʼn Astra-rewolwer en ʼn voertuig beslag gelê ná die mans se beweerde mislukte poging om die horings te verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Niklaas ·

En ek dog dis net knape van Mosambiek en Zimbabwe wat die hoof stropers van renoster horings is. Groot misgissing

Leon Pit ·

Laat die Reg sy gang gaan.
Op 65 om jou besig te hou met misdaad
pleks om met jou kleinkinders te speel.
Jammer maar dra die gevolge.

Pieter ·

Gemors soos julle steek ons blankes in die skande stem saam sluit die goed toe en gooi weg die sleutels

Boskind ·

Enige mens wat hierdie tipe van mòrde pleeg…is in my oë .
A Waste of space.
Sluit hul.summier toe, sonder enige tydmors vir hofsake en diesmeer.
Die bewys is mos in hulle besit gevind.

Anita ·

Stuur hulle lewens lank na die tronk, hulle het geen respek vir diere nie net vir wins en is ‘n klad op ons samelewing, self die tronk is te goed….geen borgtog.

Weetmeer ·

Wie se die renosters is gedood vir hulle horings? Ek het n voel hoor fluit dat dit horings is wast afgesny was juis om stropers hok te slaan. Dit kos bitter baie geld om renosters te bewaar. Geld wat van iewers af moet kom. So dan verkoop jy nou maar die horings in jou kluis sodat jy die res van jou diere kan beveilig. Julle manne verstaan nie die stres en finansiele impak wat die verbod op handel met horings teweeg bring nie. Die manne is nie kriminele nie. Ja skiet n renoster dood vir sy horing en jy is n krimineel en klaar. Stem saam met dit. Maar die geval is anders.

Lisa ·

Ek stem saam, julle weet nie wat die situasie is nie. Maar tog is almal baie vinnig om te oordeel. Stap net een dag in een van die mans se skoene en wees dan vry om te oordeel soos julle wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.