Twee in hof oor renosterhorings

Die horings waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Twee verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Witbank-landdroshof verskyn nadat renosterhorings vandeesweek in hul besit gevind is.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het gesê die twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 32 jaar oud, is Dinsdag omstreeks 13:00 op die N4-snelweg tussen Witbank en Middelburg deur lede van die snelwegpolisie in hegtenis geneem.

“Die beamptes het inligting ontvang om vir ʼn wit BMW uit te kyk wat op pad was na Gauteng en renosterhorings vervoer. ʼn Voertuig wat by die beskrywing pas, is opgemerk. Die polisie het probeer om die voertuig te laat stilhou, maar die bestuurder het weggejaag en die polisie het hulle agternagesit,” het Sedibe gesê.

Die beamptes kon daarin slaag om die voertuig in te haal en tot stilstand te dwing. Die voertuig is deursoek en twee renosterhorings wat in foelie toegedraai was, is in die spaarwielhouer in die kattebak gevind.

Die mans staan tereg op aanklag van die onwettige besit van renosterhorings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

monique ·

sluit hulle toe en gooi die sleutels weg!!!!!!!!! MAAK N VOORBEELD HENG!!!

Ella ·

Gelukkig het die polisie nou vinnige karre, hulle kan die skelms injaag! Ek hoop net hulle het vir gevorderde bestuursopleiding gegaan om met die vinnige karre te ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.