Twee in hof oor ‘tasse vol kontant’

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Twee mans het Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn nadat hulle Dinsdag by die Bloemfontein-lughawe in hegtenis geneem is met miljoene rande kontant in hul besit.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê Baig Mahomed (25) en Mahomed Hoosen (50) word aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde geld of die geldelike opbrengs van ʼn misdaad ter waarde van meer as R21,1 miljoen.

“Die Valke en die polisie het vinnig opgetree nadat hulle inligting oor die twee ontvang het wat met vier groot tasse vol kontant in hul besit gereis het. Die duo is deur die polisie by die Bloemfontein-lughawe voorgekeer voordat hulle ʼn vlug na Kaapstad sou haal,” het Nkwalase gesê.

Meer as R21,1 miljoen kontant is in die tasse gevind, waarvan R12 miljoen in Amerikaanse dollarnote was. Die res was Suid-Afrikaanse geldnote.

“ʼn Voorlopige ondersoek dui aan dat hulle van Durban na Bloemfontein gery het voor hul in hegtenis geneem is. Daar is ook vasgestel dat Baig Mahomed voorheen in 2010 aan die besit van dagga skuldig bevind is,” het Nkwalase gesê.

Mahomed en Hoosen sal die naweek agter tralies deurbring en weer Dinsdag in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johan ·

ek kan nogal doen met een van daai tasse !!!!!!!!!!!!!!!!!!!

John ·

Die kleiner lughawens word gekies omdat die sekuriteit baie swakker is. Die wakker beampte is die uitsondering en kan sowaar bevorder word. Ek moes eenkeer daar ‘n erge fout op my vlugkaartjie uitwys en die beamptes was baie kwaad oor die moeite om dit reg te stel. Sou daar probleme opduik, was ek iemand heeltemal anders. Hoeveel sulke glipse word oorgesien?

Christa ·

Ek hoop nie die mijoene word deur die polisie gesteel soos die gekonfiskeerde dwels op OR Tambo nie.

w ·

Vuilgoed. Huveel mense dalk dood as gevolg van hul dade. Gooi tronksleutel weg

Jan maak n plan ·

Niu weet ek hoekom ek elke maand so sukkel. Eks hoopeloos te eerlik. Moet ook maar begin steel.

marous ·

Was seker net ‘n paar los dollar note … en ‘n magdom “scrap” papier….

Alida ·

Wat word van daardie geld, asook die dwelms waarop beslaggelê word. Mens wonder maar net noudat daar sprake is dat die SAPD betrokke is by dwelmhandel. Genade wat word van die land.

Pop ·

Dagga geld. Maar as mens so baie kan maak daarmee moet ek my erf hier agter dalk onder n oes of twee sit. Die goed groei glo maklik en as ek ook paar koekies eet vergeet ek dalk ek sit met n nar vir n president. En ek kan paar mense laat vergeet hulle is honger ens. Mens moet jou opsies heroorweeg, of wat se ek alles

Delta Mike ·

Ek kan my kop op n blok sit die geld se bestemming was vir IS befondsing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.