Kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het gesê Degenaar is tydens hul eerste hofverskyning op 7 April op borgtog van R2 500 vrygelaat, terwyl Gouws tydens Maandag se hofverskyning op borgtog van R2 000 vrygelaat is.
Degenaar en Gouws word daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by die verkoop van gekaapte en gesteelde voertuie in Louwna naby Vryburg. Volgens Mokgwabone het polisielede inligting opgevolg dat sewe voertuie wat oor die afgelope vyf weke in Gauteng en Mpumalanga gekaap en gesteel is, na Louwna gebring is om verkoop te word. Die polisie het op die sewe voertuie beslag gelê.
Degenaar en Gouws sal weer op 25 Mei in die Mmabatho-streekshof verskyn.
Mense word vermoor tydens kapings en moet nie vir my se dat hierdie mense het nie geweet waar die voertuie vandaan kom of dat dit gesteel is nie!! Hulle is tien teen een die meester brein agter die operasie en word op borgtog van R2,000 vrygelaat?? Hulle moet in aanhouding bly totdat meer inligting beskikbaar is soos bv. is enigiemand gedood tydens die steel van een van die voertuie in hul besit gevind? Ek voorspel dat die twee spoorloos gaan verdwyn.
Dié mense is onskuldig. Tot hulle skuldig bevind word.
Wat vir my & jou geld, geld tog ook vir hulle.
Ek dink dieselfde as jy oor hulle skuld. Ook hul potensiële aandadigheid aan moord. Maar die verskil tussen my & jou aan die een kant, en die townshipvigilantes wat mense necklace aan die ander kant, is dat ons twee in ‘n geordende samelewing glo. Een waar ‘n hof besluite maak; nie ek, jy & die naaste poeliesman op grond van ‘n gerug nie.
Nou skok dit ook my tande los. Maak nie hulle hande vuil met die kapings nie, maar sit en ontvang net die buit. Gooi weg die sleutels. Dis nou wat my oorlede ouma genoem het slegte witmense.
Ek stem saam met jou, Pop!
Ek stem, gooi die sleutels weg en hou op borg gee vir sulke gemene skurke.
Geagte Redaksie, die woord is “streekhof” en nie “streekshof” nie.
Hoe leef julle met jul gewetes saam, mense verloor hul eiendom, waarvoor hul hard werk, verloor hul lewens met meeste kapings en julle verkoop dan weer die gesteelde voertuie … Was julle darem die bloed af voor julle dit goedsmoeds aan iemand anders verkoop?
Skaam my soms om te sê ek is blank!