Twee in hof oor vragmotors, koper in pakhuis

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Twee verdagtes het Vrydag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn nadat hulle vroeër vandeesweek betrap is in besit van twee vermoedelik gesteelde vragmotors wat koper vervoer.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het in ’n verklaring gesê Felix Bonomari (24) en Yusuf Thomas (36) is Woensdag in hegtenis geneem toe hulle in die twee vragmotors by ’n pakhuis in Brits betrap is. Die waarde van die koper beloop sowat R2,5 miljoen.

Volgens Rikhotso is die vragmotors na bewering gekaap en by die pakhuis versteek. Bonomari en Thomas het in die vragmotors gesit toe die Valke toegeslaan het.

Die verdagtes sal na verwagting weer op 6 April in die hof verskyn vir formele borgaansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.