Twee in hof oor vuurwapens, ammunisie

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee mans, onderskeidelik 31 en 32 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

“Die mans is Donderdagaand omstreeks 21:00 in Johannesburg se middestad in hegtenis geneem,” het ao Xoli Mbele in ʼn verklaring gesê.

Die polisie was besig met roetine-misdaadbekamping toe hulle ʼn verdagte wit VW Golf met twee insittendes opgemerk het. Hulle het die motor afgetrek en deursoek en twee vuurwapens met ammunisie gevind. “Nie een van die vuurwapens het ʼn reeksnommer gehad nie,” het Mbele bygevoeg. “Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit al voorheen in ander misdade gebruik is.”

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.