Twee in hof op honderde aanklagte van diefstal, bedrog

Rochelle Edith du Plessis Bekker en Hugo Christiaan le Roux word Woensdag die hof in begelei. (Foto: Verskaf)

Twee verdagtes het Woensdag vlugtig in die landdroshof op Komatipoort in Mpumalanga verskyn op meer as 500 aanklagte van diefstal, bedrog en geldwassery kort nadat hulle op dié dorp in hegtenis geneem is.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het in ’n verklaring gesê Hugo Christiaan le Roux (41), destyds ʼn bestuurder by Izusa Carriers op Komatipoort, word daarvan beskuldig dat hy tussen 2015 en 2018 met Rochelle Edith du Plessis Bekker (35), die eienaar van HLR Contracting, saamgespan het om vervoerdienste aan klante van Izusa Carriers te bied.

Volgens Sekgotodi het die beskuldigdes glo belastingfakture aan hierdie klante uitgereik met hoër tariewe vir die dienste as wat Izusa Carriers vra en die verskil in hul eie sakke gesteek.

Die verskil is dan in HLR Contracting se bankrekening inbetaal waarna dit in die beskuldigdes se persoonlike bankrekeninge inbetaal is. Izusa Carriers is op dié manier uit R1,9 miljoen bedrieg.

Le Roux en Du Plessis Bekker is Woensdag op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Die saak is tot 20 November uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wielspore ·

R1,9 miljoen kan ‘n besigheid maak of breek, oneerlikheid is nie volhoudbaar en die oortreder word een of ander tyd uitgevang. Hoop julle twee kry die straf wat julle verdien.

Anel ·

Nogal snaaks hoe een bevolkingsgroep so gou gevang en gevonnis word. En hul fotos en name geplaas word. Moennie my verkeerd verstaan nie, diefstal, korupsie en bedrog verdien baie swaar straf, maar hoekom slegs sekeres? Wanneer word die regering gearresteer, gevonnis en met oranje oorpakke uit gereik?

Kokerboom ·

Welgedaan. Laat die oortreders boet.
Ons land is siek en sat vir bedrog en korrupsie. Dis ‘n diepliggende siekte wat met wortel en tak uitgeroei moet word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.