Twee in hof vir boer se moord

Argieffoto

Argieffoto

Peter Hackland (61), ʼn suikerrietboer van KwaZulu-Natal wat verlede jaar helder oordag op sy plaas doodgeskiet is, se dogter het Maandag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof tydens twee mans se moordverhoor getuig.

Louise Hartwig het gesê sy het in die huis sit en studeer toe sy haar pa hoor skree. Twee gewapende mans het haar pa aangehou en op geld aangedring. Sy het gaan ondersoek instel en is daarna herhaaldelik deur een van die verdagtes geslaan. Die mans het ook pepersproei in haar oë gespuit. Sy was glo gedeeltelik blind en het ʼn geweerskoot gehoor terwyl sy aangerand is. Haar pa het weer geskree, waarna sy ʼn tweede skoot gehoor en haar pa van die pyn hoor huil het.

Hartwig het getuig voor waarnemende regter Thoba Poyoo-Dlwati. Nkosinathi Mngadi (29) en Sifiso Ngubane (24) word aangekla van moord, roof met verswarende omstandighede, en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Albei verdagtes het onskuldig gepleit op al die aanklagtes teen hulle. Die verhoor duur Dinsdag voort en sal na verwagting twee weke lank duur.

Maroela Media het verlede jaar in Mei berig dat Hackland, Hartwig en Hackland se sekretaresse Margaret Fennel, in die middag op sy plaas Cromleigh in Carisbrook, Ixopo, deur twee mans aangeval is. Hackland het kort voor sy dood sy plaas verkoop omdat hy wou aftree. Lees meer hier.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.