Twee in hof vir liggaam in kattebak

Argieffoto. (Foto: Miguel Roberts/The Brownsville Herald via AP)

Twee mans, onderskeidelik 43 en 24 jaar oud, verskyn na verwagting Donderdag in die Blue Downs-landdroshof op aanklagte van moord, ontvoering en kaping, ná ʼn verkoolde liggaam verlede week in die kattebak van ʼn uitgebrande motor gevind is.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het gesê ʼn verbyganger het die polisie Sondag na die toneel in Silversandweg ontbied waar die liggaam van ʼn 41-jarige man in die kattebak van die motor gekry is.

Een van die vermeende betrokkenes is ʼn dag later in Denemere in Blackheath in hegtenis geneem en nadat verdere inligting opgevolg is, is die tweede verdagte ʼn dag later vasgetrek.

Die identiteit van die slagoffer is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Michelle ·

Dankie aan die persoon wat gesorg het vir geregtigheid en die polisie laat weet het hoe boos en wreed het die wêreld geword die twee moet baie swaar gestraf word jammer die doodstraf is nie op die tafel nie. Dit is siek.

Deadman Walking ·

Misdaad is buite beheer en dan word tyd en geld gemors oor die ou vlag!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.