Twee mans verskyn na verwagting Vrydag in die landdroshof op Viljoenskroon in verband met die moord op Dave Wessels (66), ʼn sakeman van die dorp.
Wessels se liggaam is Sondagoggend vroeg onder ʼn duvet in die spaarkamer van sy huis op ʼn kleinhoewe buite die dorp gevind. Die huis is omgedolwe en daar was talle bloedspatsels.
Hy is vermoedelik gewurg en aangerand.
Wessels, ʼn voormalige weermagkolonel, woon die afgelope sowat 10 jaar lank alleen in die huis op die kleinhoewe. Hy het vee gekoop en verkoop.
Maroela Media het navrae aan die Vrystaatse polisie gerig oor die inhegtenisnemings en wag op terugvoer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Elke keer as so iets gebeur breek daar ‘n stukkie van mens hart. Baie sterkte aan die naasbestaandes
Wessels RIV.
‘n Onskuldige mens en dit is wat aan hom gedoen is. Hy lewe net sy lewe en dan word daar besluit hy word nie benodig nie. Maak mens net siek.
Nog n moord op n wit man op n kleinhoewe, wanneer gaan dit ophou? Hoekom dink mense dit Kan nie met hulle gebeur nie. Hoekom is daar nie orals op plase En huis sigbare veiligheid nie. My hart breek maar eks ook kwaad Dat ons oues van Dae nie Wil Leer uit soveel moorde En aanrandings nie. Dis vir niemand lekker om te hoor nog iemand is afgemaai en nog n gesin verwoestend agtergelaat. Mag Jesus gee Dat die wat agter bly vrede Sal vind na so n erge misdaad.