Twee in hof vir verkiesingverwante misdade

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans wat in Mpumalanga in hegtenis geneem is op aanklag van verkiesingsverwante misdade, sal Maandag in die hof verskyn.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans is in Waterval Boven in hegtenis geneem. Volgens Hlathi is een verdagte in hegtenis geneem vir die verwydering van ʼn verkiesingsplakkaat op ʼn minibus, terwyl die ander man in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn verkiesingsplakkaat geskend het.

Hlathi het gesê albei mans word aangekla van oortreding van die Verkiesingswet en sal Maandag in die hof verskyn. Hy het gesê die polisie ondersoek nog ʼn man nadat hy glo met sy selfoon ʼn foto geneem het van sy stembrief by ʼn stempunt in Delmas.

“Die man is nog nie in hegtenis geneem nie en ons samel nog inligting in voordat ons dit aan die aanklaer sal voorlê vir ʼn besluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jaco ·

is daar nie dringender mooord, diefstal en verkragtingsake vir die howe nie? Geen verkiesingsplakaat het my in elk geval nog ooit skielik oortuig vir wie om te stem nie.

Julius ·

Dit is belaglik om hulle vir die geringe oortreeding aan te kla. Wat van die boemelaar wat plakkate gebruik het vir slaapplek?

Frederik ·

Dit lyk regtig op Waterval Boven se hofrol nie vol is nie.

snoefie ·

belaglike verby. laat mens SA is die land van melk en heuning waar misdaad nie bestaan nie.

Grap ·

By ons het iemand vir Musi ‘n snor geteken op sy plakkaat ek glo nie die persoon het geweet hy kan dalk langer tronkstraf kry as oscar hiervoor nie???

zahn ·

Laat ek raai, die plakkate is van die anc. Andersins sou dit nie die nuus gehaal het nie en niemand sou vervolg word nie.

Johan ·

Kan enige iemand onthou hoe Rudolph Giuliani New York se misdaad syfers afgebring het met omtrent 60%? Hy het begin met die “petty crimes”. So vir almal wat vra hoekom die mense vervolg word, wees liewer dankbaar dat dit gedoen word, wat ookal jou politieke siening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.