Twee in hof vir verkragting van 17-jarige

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans het Woensdag in die Dutywa-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn in verband met die verkragting van ʼn 17-jarige meisie.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes, onderskeidelik 19 en 20 jaar oud, is Maandag in Njakazi Locality in Chizela in hegtenis geneem.

“Die slagoffer het na bewering Saterdag om 20:00 huis toe gestap toe die mans, wat sy ken, haar gegryp het,” het Manatha gesê. “Die verdagtes het haar na ʼn plek gevat waar hulle haar om die beurt verkrag het.”

Volgens Manatha is die mans onderbreek toe hulle ʼn voertuig se ligte opgemerk het. Hulle het van die toneel weggehardloop, maar die meisie kon haar aanvaller identifiseer en hulle is in hegtenis geneem op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lance ·

Wat ek ook se haar woorde word minste 2x per week waar hier …met n verkragting elke 4 min in SA hoe kan dit dan anders …hoe bou mens n nasie met mense wat sulke waardes het wonder ek …geen respek of agting vir niks en niemand nie watnog vir die wet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.