Twee in hof vir vervalste note

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans het Dinsdag in die Ganyesa-landdroshof naby Vryburg in Noordwes verskyn nadat meer as R20 000 se vervalste note in hul besit gevind is.

 Maj. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het gesê Michael Tsone (27) en Thabo Motsayathebe (25) is Sondag in hegtenis geneem nadat die polisie op ʼn wenk gereageer het. “Die verdagtes se huis is deursoek en note ter waarde van R20 000 is gevind,” het sy gesê.

Volgens Makau is albei verdagtes op borgtog van R1 000 elk vrygelaat. “Hulle sal weer op 4 Maart in die hof verskyn.”

Die polisie ondersoek tans hoe die verdagtes die vervalste geld in die hande gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mene mine mo ·

So ? Wie besluit in elk geval wat is die’ papier werd ? Net wanneer hulle wil kan hulle se ons papier is niks werd nie , die ou het gese syne is iets werd .Dis baie werk om die plate perfek te kry , ek haal my hoed af vir n entrepreneur .

GES ·

Die beskuldigdes het seker hulle borg ook met vervalsde geld betaal ???

Berhalet Beukes ·

R1000 borgtog en teen Maart is hulle skoonveld. Ek dink hulle moet ‘n hele nuwe konsep instel, vergeet van borg geld en sit spoorders om sulke wetters se enkels tussen hof verskynings. :-)

Thea Gerber ·

Vergeet die tronk- stuur hulle na n goeie sielkundige. Enige iemand wat die SA Rand vervals se kop raas. So baie moeite vir niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.