Twee in hof vir vlaag verkragtings op plase

court-hammer_thumbTwee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle vier vroue op plase in Mpumalanga verkrag en beroof het, sal na verwagting Dinsdag in die Nelspruit-streekshof verskyn.

Solomon Abraham Nkosi (24) en Jimmy Mkhabela (25) het tydens hulle vorige verskyning onskuldig gepleit op die nege aanklagte teen hulle. Nkosi en Mkhabela is in 2001 in hegtenis geneem na ‘n vlaag plaasaanvalle in die Witrivier-omgewing.

Die hof het vroeër gehoor dat twee mans tussen Februarie en Junie 2011 by drie plaashuise ingebreek het. Op 3 Februarie 2011 is twee vroue, onderskeidelik 25 en 47 jaar oud, op hul plaas in Spioenkop aangeval. Die twee vroue is aangehou, verkrag en beroof.

Op 7 Februarie 2011 is ‘n 33-jarige vrou in haar plaashuis in Witrivier verkrag terwyl ‘n bejaarde vrou moes toekyk. Die vroue is ook beroof. Op 9 Junie 2011 is ‘n 30-jarige vrou verkrag en beroof.

Twee polisiebeamptes het in die saak getuig dat Nkosi die misdaadtonele uitgewys het na sy arrestasie en dat twee getuies Mkhabela tydens ‘n uitkenningsparade uitgewys het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.