Twee in hof wat glo met vrou se kop gevang is

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans van Limpopo, wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn vrou vermoor het vir haar liggaamsdele, het Dinsdag in die landdroshof in Polokwane verskyn.

“Edward Raatjie Madayi (50) en Stanley Mohloke (24) se aansoek om borgtog is uitgestel tot 21 Julie,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die twee word van die gewelddadige moord op ʼn vrou beskuldig, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie. Haar verkoolde liggaam is meer as ʼn week gelede by Mapela buite Mokopane (Potgietersrus) gevind.

Raatjie het ʼn oproer veroorsaak toe hy geweier het om die hof te betree en gesê het hy wil nie hê iemand moet van hom ʼn foto of enige beeldmateriaal neem nie.

Landdros Michael Mamabolo het aan Raatjie gesê “openbare belang” beperk die beskuldigde se regte in die geval.

Staatsaanklaer Meivel Mashaba het aangevoer dat lede van die publiek ook regte het, en dat sulke regte nie onderdruk moet word nie. Mashaba het die hof versoek om die borgtogaansoek uit te stel.

Die saak is na die Mokerong-landdroshof oorgeplaas.

Die twee mans is in hegtenis geneem toe hulle glo ʼn vrou se kop en geslagsdele wou verkoop by ʼn taxistaanplek in Polokwane (Pietersburg).

Hulle het ʼn dag ná hul inhegtenisneming ʼn toneel aan die polisie uitgewys waar die vrou se verkoolde liggaam gevind is.

Die Mapela-gemeenskap het buite die hof betoog teen borgtog vir die mans. “Ons leef in vrees. As hulle vrygelaat word, weet ons nie hoe ons lewe sal kan voortgaan nie. Ons vrees vir die veiligheid van ons kinders,” het Petrus Mojela gesê.

Raatjie en Mohloke bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Leon Pit ·

Is dit normaal dis n siek verby land waar in ons bevind.

Adeline ·

Ek het nie woorde nie..hoe vreeslik angswekkend moet dit nie wees om in hulle hande te beland!

Ben Prinsloo ·

Het dit al baie gesê: ek het nie n probleem met velkleur nie, net denkwyse maar ongelukkig gaan die 2 dinge hand aan hand.

DB Jaeger ·

Stem saam Ben. Dit is lankal my mening ook. Verskillende idiologieë maak die verskil, nie die velkleur nie. Polities korrektheid fokus op kleur.

tamboti ·

Ek is ook mal want ek kan nie verstaan waarom borg enigsins oorweeg word nie – sal iemand my asb. na groendakkies neem?

annette ·

Dit gaan my verstand te bowe dat hulle nog oorweeg om hierdie wrede moordenaars borgtog toe te staan. Al wat die gereg doen is om geld te mors en die belastingbetaler moet maar hoes.
Dis van die wreedste moorde wat gepleeg word want die organe word lewendig uit gesny. My een bediende se kind was in Natal so vermoor en hy was maar 3 jaar oud. Volgens wat sy my vertel het het hulle die kind soos ‘n bok geslag. Barbaars verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.