Twee verdagtes sal na verwagting vandag in die rondgaande hof op Gravelotte in Limpopo verskyn nadat ʼn renosterkoei en haar kalf oor die naweek doodgeskiet is.
Thabane Luka Manganyi en Adrian Maila het vroeër die week in die Namakgale-landdroshof buite Phalaborwa verskyn en die saak is tot vandag uitgestel.
Die verdagtes is Saterdag tydens ʼn gesamentlike operasie in hegtenis geneem nadat daar glo ʼn renosterhoring en ʼn knaldemper in hul besit gevind is.
Werkers op ʼn wildsplaas in die Gravelotte-omgewing het Saterdag gedempte geweerskote gehoor waarna daar op die renosterkoei en haar kalf se karkasse afgekom is. Die koei se horing is afgesny.
Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn bakkie met vier insittendes is omstreeks 19:00 in die omgewing gewaar en voorgekeer. “Twee verdagtes wat agterop die bakkie was, het afgespring en in die bosse in gevlug. Die ander twee insittendes is onmiddellik in hegtenis geneem.”
Daar is op die bakkie, ʼn renosterhoring en ʼn knaldemper beslag gelê.
Die soektog na die ander twee verdagtes gaan voort. Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kapt. Meyer te kontak by 082 319 9460 of Stop Misdaad op 08600 10111.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Dis hartseer dat ons renosters so uitgeroei word, mag hulle lewenslank toe gesluit word!!
Dis wreed mag hulle lewenslank kry
Hierdie dinge moet nou deeglik ondersoek word, ek sê nog steeds hier is hoë profiel mense dalk in die regering, of in die regering gewees, wat betrokke is want hoekom word net hier en daar n stroper gevang en geen een hoër op nie.
Hulle moes in “body bags” daar verwyder geword het
Hoekom word hulle gesigte bedek?
Is dit om te verhoed dat hulle nie herken word wanneer hulle ontsnap of borgtog kry?