Twee verdagtes sal na verwagting vandag in die rondgaande hof op Gravelotte in Limpopo verskyn nadat ʼn renosterkoei en haar kalf oor die naweek doodgeskiet is.
Thabane Luka Manganyi en Adrian Maila het vroeër die week in die Namakgale-landdroshof buite Phalaborwa verskyn en die saak is tot vandag uitgestel.
Die verdagtes is Saterdag tydens ʼn gesamentlike operasie in hegtenis geneem nadat daar glo ʼn renosterhoring en ʼn knaldemper in hul besit gevind is.
Werkers op ʼn wildsplaas in die Gravelotte-omgewing het Saterdag gedempte geweerskote gehoor waarna daar op die renosterkoei en haar kalf se karkasse afgekom is. Die koei se horing is afgesny.
Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn bakkie met vier insittendes is omstreeks 19:00 in die omgewing gewaar en voorgekeer. “Twee verdagtes wat agterop die bakkie was, het afgespring en in die bosse in gevlug. Die ander twee insittendes is onmiddellik in hegtenis geneem.”
Daar is op die bakkie, ʼn renosterhoring en ʼn knaldemper beslag gelê.
Die soektog na die ander twee verdagtes gaan voort. Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kapt. Meyer te kontak by 082 319 9460 of Stop Misdaad op 08600 10111.
Dis hartseer dat ons renosters so uitgeroei word, mag hulle lewenslank toe gesluit word!!
Dis wreed mag hulle lewenslank kry
Hierdie dinge moet nou deeglik ondersoek word, ek sê nog steeds hier is hoë profiel mense dalk in die regering, of in die regering gewees, wat betrokke is want hoekom word net hier en daar n stroper gevang en geen een hoër op nie.
Hulle moes in “body bags” daar verwyder geword het
Dit is nou die WAARHEID hoor!!!
Sien die een se broek darem nat so ja hulle het ‘n bietjie deurgeloop.
Hoekom word hulle gesigte bedek?
Is dit om te verhoed dat hulle nie herken word wanneer hulle ontsnap of borgtog kry?
Die feit dat die kalf ook geskiet is, is ‘n bewys van opsetlike gedrag. Die een horing was net n bonus. Hulle moet sommer daar in die veld “ondervra” word om seker te maak wie eintlik agter dit sit. As dit goed gedoen word is ek seker hulle sal by ‘n politieke figuur uitkom.
Lyk of die een homself benat het… tipies, maak mos so as hulle gevang word…dan is hulle die jammer en sedig vanself…
Dit lyk of die een homself nat gemaak het. Goed so!
Dis hartseer dan ons renosters so uit vermoor word.
Lyk of die een sy broekie nat gemaak het, is seker nie lekker om self bietjie “ge man-handle” te word nie! Shame…. Hoop hulle kry lewenslank en nie die tyd om dit uit te voer nie!