Twee in hof wat glo volstruis onwettig jag

(Foto verskaf)

Paul Raboshoana (37), ʼn sersant van die Tshwane-metropolisie, het Maandag saam met sy medebeskuldigde, Christopher Paul Romance (28) in die Morebeng-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklag van stropery.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans is elkeen vrygelaat op borgtog van R2 000. Hulle moet op 7 September weer in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die twee mans is op 11 Julie 2020 in Botlokwa in hegtenis geneem. Die twee, en vermoedelik twee medepligtiges, het glo ʼn plaas in die Botlokwa-gebied betree deur ʼn gat in ʼn heining te knip. Hulle het ʼn volstruis geskiet en dit agterop hul Ford Ranger-bakkie gelaai.

Mojapelo het gesê die polisie is van die voorval verwittig en hul ondersoek het tot die twee mans se inhegtenisneming gelei. Tydens die mans se inhegtenisneming het die polisie op die volstruis, twee jaggewere en die voertuig beslag gelê. Die polisie is steeds op die spoor van die twee medepligtiges.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Seker die volgende iewers gelees oor volstruis vleis : Ostrich is even lower in calories, cholesterol and fat than skinless chicken and turkey, while remaining high in iron and protein. The Diabetes Association approves and recommends ostrich as a leading source of protein It has also been approved by the American and British Heart Associations.

marius ·

Nog ‘n polisie booswig . Deel van die gek se mooi nasie wat oor 26 jaar gevorm is .

Stofdonkie ·

Weereens ‘n wetstoepasser in die beskuldigde bank. Meeste van die tyd help dit nie om polisie te bel as daar misdaad gepleeg word nie, hulle is reeds op die toneel.

christo ·

Dis oor die lekkernye: Die walkie-talkies. Lekker groot hoenderkop en hoenderpote. Die dae is verby dat ‘n polisiebeampte ‘n persoon van integriteit was. Tshwane metropolisielede lede het net nie integriteit nie. Die Stad Kaapstad se metropolisielede is van die min metropolisie met integriteit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.