Twee in hof wat kind glo dwing om ontlasting te eet

hof-hamer

(Argieffoto)

ʼn Paartjie van Queenstown in die Oos-Kaap het Woensdag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hulle glo ʼn 12-jarige seun gedwing het om sy eie ontlasting te eet.

Asanda Mkoko (39) en Ayabulela Yolanda Buso (28) word aangekla van poging tot moord, kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die saak is tot 15 Junie uitgestel wanneer hulle na verwagting om borgtog aansoek sal doen.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, het gesê die paartjie het die seun glo Saterdag voor hul huis in die Nkululekweni- informele nedersetting se ingangshek betrap waar hy homself verlig het nadat hy saam met vriende in die straat gespeel het.

Die paartjie het hom glo met ʼn besem begin slaan. Die seun het glo om verskoning probeer vra waarna hulle hom glo gedwing het om sy eie ontlasting te eet. Die seun het ná die voorval gemeenskapslede ingelig oor wat gebeur het waarna die polisie in kennis gestel is en die paartjie Maandag in hegtenis geneem is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anthony ·

En hier dink ek om n hond se snoet daarin te druk is erg…Gee vir elk van hulle n bord van die ander s’n om te eet en vat hul tande borsles weg vir 24 uur

tweeling ·

Wie het hom geleer om sy ding daar te doen, of doen almal dit so!

Elmarie ·

Ek weet dit sal nie gebeur maar in sulke gevalle : ‘n oog vir ‘n oog oftewel gee hul dieselfde wat hul al so lank aan die arme kind gedoen het. Miskien as ouers dieselfde lyding ondergaan as wat hul aan kinders doen sal hul twee keer dink. Miskien…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.