Twee in hof wat Ndebele-kunstenaar glo beroof

Esther Mahlangu (Foto: Esther Mahlangu, Facebook)

Twee verdagtes het Vrydag in die Mdutjana-landdroshof verskyn ná die bekende Ndebele-kunstenaar dr. Esther Nostokana Mahlangu (87) beroof is. Sy is op 19 Maart in haar huis in Siyabuswa naby KwaMhlanga, Mpumalanga, oorval.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê Simon Kgantshi Skosana (27) bly in aanhouding tot 20 April vir ʼn formele aansoek om borgtog. Jan Mlemani Kwati Masilela (32) is vrygelaat op borgtog van R3 000. Hy moet op 10 Mei weer in die hof verskyn.

Die twee verdagtes staan tereg op aanklagte van die besit van ʼn onwettige vuurwapen en huisroof.

Maroela Media het vroeër berig Mahlangu het omstreeks 15:00 op die betrokke dag haar huis se deure gesluit om daarna ʼn middagslapie te neem. Dit is toe dat sy ʼn onbekende man in die huis gewaar het. Dié man het haar na bewering aangerand, haar hande vasgebind en haar glo gewurg totdat sy haar bewussyn verloor het. Sy het later besef dat haar vuurwapen en kluis met kontant gebuit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.