Twee verdagtes sal Maandag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die besit van springstof.
“ʼn Misdaadintelligensieoefening deur die polisie in Rustenburg en Brits het tot die inhegtenisneming van die twee verdagtes gelei,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die twee mans, onderskeidelik 33 en 43 jaar oud, is Donderdag by die Petroport-vulstasie in Bapong in hegtenis geneem.”
Een van die verdagtes het glo tydens die inhegtenisneming erken dat daar nog springstof by hul huis in Bapong is. Die polisie het beslag gelê op 40 eenhede springstofgel en 73 ontstekers.
Die 43-jarige man is na bewering ʼn werknemer by die Lonmin-myn.
Die vraag is waarvoor wil hulle dit gebruik en wanneer? Dis nou die wat gevang word.
Opblaas van kitsbanke natuurlik
Nou…….. hoe gedoen as jy jou kaart verloor het en geld nodig is?
Ja en vir oopskiet van kluise tydens inbrake.