Twee in NW met ivoor betrap

Argieffoto

Twee mans is in Noordwes in hegtenis geneem nadat ivoor in hul besit gevind is.

Brig. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die verdagtes, onderskeidelik 33 en 38 jaar oud, is Woensdagmiddag in hegtenis geneem.

“Die polisie het inligting ontvang en opgevolg wat hulle teen 17:45 na Bloemhof gelei het,” het Mokgwabone gesê.

“Daar het hulle ʼn stilstaande voertuig in een van die strate aangetref waarin die twee verdagtes was. Die polisie het die motor deursoek en op twee olifanttande in ʼn plastieksak afgekom.”

Die verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem.

Hulle sal na verwagting Vrydag in die Bloemhof-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.