Twee in padblokkade vasgetrek vir dwelms

Argieffoto: https://pixabay.com

Twee mans is dié naweek in twee onderskeie voorvalle in Stilfontein in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.

Lt. kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 29-jarige man is vasgetrek toe die taxi waarin hy gereis het deursoek is in ʼn padblokkade op dié dorp.

“Die polisie het beslag gelê op cat met ʼn beraamde straatwaarde van R122 800,” het Funani gesê.

ʼn 36-jarige man is later vasgetrek toe die polisie cat in sy motor aangetref het. Die beraamde straatwaarde van dié vonds is sowat R42 800.

Albei mans sal Maandag in die Stilfontein-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Koos ·

Ek is ook deur daardie padblokade die naweek. Die beamptes moet net versigtig wees, hul maak alle tasse oop en krap als deurmekaar sonder om handskoene te dra. Hul is veronderstel om handskoene aan te hê wanneer hul jou bagasie deursoek.

MM ·

Stem oor die handskoene – maar baie dankie vir die uitstekende diens – Sien ons kan die misdadigers in SA vas vat – die probleem het was nog altyd by die Regering (en vorige ministers van die Polisie) – Dankie Minister van Polisie dat jy jou word hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.