Twee in spogmotor doodgeskiet

Twee insittendes van ʼn Ferrari het Sondagaand in ʼn koeëlreën in Soweto gesterf. ()Foto: Twitter / @Freezabdb

Twee insittendes van ʼn Ferrari het Sondagaand in ʼn koeëlreën in Soweto gesterf.

Die voorval het omstreeks 22:00 op die hoek van Chris Hani- en Klipvalleyweg plaasgevind.

Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, is die 41-jarige bestuurder van die motor en sy vroulike passasier (21) op die toneel dood verklaar.

“Die Ferrari was besig om te ry toe ʼn Toyota Etios met ʼn onbevestigde aantal insittendes die motor geblokkeer en op die man en vrou begin skiet het. Die Etios het ná die skietery weggejaag.”

Masondo sê die verdagtes het outomatiese vuurwapens en pistole gebruik.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Die polisie ondersoek ʼn moordsaak. Enigiemand met inligting word versoek om die polisie by 011 527 0000 te kontak,” sê Masondo.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Yvonne ·

Die boosheid in hierdie land is verskriklik…..klink erger as mafia

Jack ·

Hoe ry jy met ‘n Ferrari in Soweto ? Dit is soos om te vra vir moeilikheid.My vraag is eerder waar het die insittendes die motor gekry ?

Mrs H ·

Ja en dit behoort ook boekdele te spreek van waarmee hulle betrokke is – en dis niks eerlikke geld nie…

Wayne ·

Seker het hulle wettig gelisensieerde vuurwapens gebruik …… Cele wil ons ontwapen . Selfverdediging nie ñ rede om n vuurwapen te hê nie ! Die twee insittendes sal wesenlik van hom verskil . As hull sou kon ….

Spook ·

Hy het nie die winste, soos verkry deur korrupsie, met sy mede-aandeelhouers gedeel nie.

Nie Verbaas ·

Laat mens wonder waar die geld vir die motor bekom is en hoe.

Lubbe ·

En jou stelling is gemaak oor dit in Soweto plaas gevind het??? So mense in Soweto het nie geld om so ‘n motor te koop nie? Ons mense sal ook nooit verander nie.

Mrs H ·

Hulle het geld jaaaa, die vraag is hoe eerlik die geld is…. Ons mense het verander ja – ons mense het bewus geword van hoe skelm DIE MENSE kan wees en daarvolgens wyser en meer bewus geraak.

Niklaas ·

‘n Tyd gelede was daar ook so’ n voorval met nog ‘n spogmotor en is daar ook mense geskiet. Die boodskap is duidelik, moenie met sulke duur motors in Soweto rondry en vertoon nie. Jou lewensjare kan drasties verkort word.

Blomme ·

Nie net in Soweto…. In die hele SA. Lewe in die land is mos ń luukse. Dit word netso van jou ontneem. Nie net vir luukse motors… Sommer net vir die grap ook! Ons hele land is ń gevaarsone!!!

ES ·

Johan, daar is mense met BAIE geld daar buite – ons het eintlik nie ‘n idee hoe ryk sommige mense is nie.

Kobus ·

Dalk het die “moordenaars” ons verlos van dwelmsmouse of smokkelaars? Wie weet. Kyk maar hoe verrys mansions oral in arm gebiede. Hoe kry plakkers dit reg om dubbelverdieping huise te bou?

Androclus ·

Verniet grond en water en onwettige krag verbindings natuurlik

Belinda ·

want hulle betaal nie water en ligte en grondbelasting nie. ek kan ook n lekker kar ry as ek daai gelde op ander goed dan spandeer… onthou hulle kry RDP huise verniet, so dis ook geld wat hul nie betaal nie. Dan verkoop hulle dit ook nog op die einde van die dag…
Our people dink mos alles wat ons het is vir ons net gegee, net soos wat hulle wil neem.

Linx ·

Hier in die weskaap het ek agtergekom is deesdae n klomp van hierie tipe voertuie,ds Ferrari, Bugatti &wat nog en almal word deur foreigners “besit” het gehoor ds n tipe sindikaat van Zim of Congo (ken nie d verskil ni)d suid Afrikaners is dalk bietjie jaloers oor die “vooruitgang”.

Kokerboom ·

Hierdie voorbeeld weerspieel weereens die absolute abnormaliteite in ons ANC geleide skeefgetrekte disfunksionele staat

marius ·

Van die juweel van afrika tot die vrotste hool . Binne dertig jaar .

JohanR ·

As die Toyota Etios en die insittendes ooit opgespoor word, sal hulle seker hof toe gaan vir skade doen aan ‘n Ferrari! Wonder of die Ferrari met ‘n lekker vet onwettige tender gekoop is?

Harley Davidson ·

Die saak klink ‘n bietjie ingewikkeld vir die saps miskien moet hulle eerder ‘n privaat speurder aanstelling om die saak te ondersoek.

Elinette ·

Hmmm … hmmm … hmmmm …….. Dalk ‘n “sugar Daddy” met sy “sugar Dolly” en die Missus het die verneukspul agtergekom en ‘n huurmoordenaar of 2 gekry om die ‘probleem’ op te los?

Swerwer ·

Is die outomatiese vuurwapens en pistole gelisensieerd Hoed? Hoever gaan hierdie misdaad nog toegelaat word voor jy, Hoed vrywillig bereid gaan wees om afstand van jou pos te doen aan iemand bevoegd en opgelei , wat die pos waardig is.

Belinda ·

daar moes n rede wees hoekom dit gebeur het. in wat het hierdie slagoffer gewerk om n ferrari te kan bekostig? wie het hy te na gekom? miskien uit jaloesie omdat hy n baie jong dame aan die sy gehad het? jaloerse boyfriend of dalk n besigheids “deal”wat skeef geloop het en hy dalk die vrugte pluk wyl die ander bakhand moet staan? there’s more to the story. niemand sal net sommer iemand vir niks skiet nie.

PersHeks ·

En so word die een na die ander uitgehaal!! Die slang kou hard aan sy eie stert!

Aai ·

Het vir jare daar gewerk Soweto bly Soweto maak nie saak hoe hulle daai plek probeer verander.Dit is waar die kriminele bly ken daai plek van voor tot agter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.