Twee in Springs vas oor springstof

Foto: SAPD/Gauteng

Twee persone is Vrydagoggend in Masimini in Springs in hegtenis geneem toe hulle met springstof en ʼn groot bedrag kontant betrap is.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn ondersoek het beamptes na ʼn huis in Hlabanestraat gelei. “Toe beamptes omstreeks 06:00 by die huis opdaag, het hulle ʼn man en ʼn vrou, onderskeidelik 34 en 25 jaar oud, aangetref. Beamptes het die huis deursoek en op 44 springpatrone, ʼn rolletjie slagsnoer, vier lontkoorde en meer as R100 000 kontant afgekom. Albei verdagtes is in hegtenis geneem.”

Die twee verdagtes sal na verwagting Maandag in die Springs-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Onlangs baie onwettige wapens na voore gekom, en nou springstof. Word daar ietsie groot in Suid Afrika beplan?

Andre ·

Wonder ek waarom dit nie gedurende die amnestie periode ingehandig is nie. Of word net wetsgehoorsame mense se vuurwapens tydelik verwyder?

Jack ·

Seker bedoel om kitsbanke op te blaas. Dis nou n goeie tyd want die polisie moet kyk dat ons gewone ouens maskers dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.