ʼn Reusesoektog is van stapel gestuur na die verdagtes betrokke in ʼn dubbelmoord en poging tot moord in die Mgababa-nedersetting Dinsdagaand naby Peddie in die Oos-Kaap.
Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes op patrollie in die omgewing het omstreeks 21:55 gisteraand twee mans met erge hoofbeserings in die middel van die pad aangetref.
“Hulle kon nie kommunikeer nie. Tydens die voorlopige ondersoek het die beamptes verskeie klippe in die omgewing gewaar,” het Govender gesê.
Volgens Govender het die polisie sowat 30 m weg van die toneel nog ʼn man op die hoek van ʼn straat aangetref, ook met hoofbeserings. “Daar het bloed by sy ore uitgekom en hy was ook nie in staat om te kommunikeer nie. Daar was niemand in die straat nie,” het Govender gesê.
Govender het gesê die twee mans, in hul twintigs, is op die toneel dood verklaar en die derde in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas.
Die motief vir die voorval is onbekend en word ondersoek.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval versoek om die misdaadhulplyn by 08600 10111 te skakel.
So onregverdig dat hierdie 3 jong mense nie in vrede buite hul huise kon wees nie, 2 met hul lewe betaal het. Tyd dat Ramaposa eers die land regruk voor al die teepartytjies oor ontkenning, vure doodslaan en geld bedel.
Ons weet nie wat die omstandighede is nie…miskien is hulle selfs kriminele en het die gemeenskap hulle reggesien…wie weet
Welkom in die ‘reënboog nasie’.