Twee in Voëlklip-motorwrak gevind

Voëlklip. (Foto: Malcolm Pojie/SA Polisie)

Die liggame van twee bejaarde vroue is uit ʼn motorwrak gehaal nadat nóg ʼn motor Saterdagaand by die berugte Voëlklipkrans in Heroldsbaai afgestort het.

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het bevestig dat die liggame van twee vroue, albei 75 jaar oud, Sondag om 03:50 uit die motorwrak van ʼn wit Mazda gehaal is. Die ongeluk het omstreeks 18:45 Saterdag plaasgevind.

“Nooddienste is gisteraand (Saterdag) na die toneel ontplooi nadat ʼn lid van die publiek die polisie in kennis gestel het dat ʼn motor oor die krans gery het,” het Spies Sondag gesê. “Die insittendes van die voertuig het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Twee vuurwapens is volgens Spies ook uit die motorwrak gehaal en sal volgens Spies vir ballistiese toetse gestuur word. George-polisiestasie het ʼn dossier oopgemaak om die saak te ondersoek en ʼn nadoodse ondersoek sal in die volgende week gedoen word om die presiese oorsaak van die slagoffers se dood te bepaal.

Maroela Media het vroeër berig dat dit die vyfde geval sedert Oktober 2019 is dat ʼn voertuig oor dié krans stort.

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – RED. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Astrain

Iets begin agterdogtig lyk met die plek…

Maggies

Daar sal net eenvoudig saak gemaak moét word om daardie area behoorlik af te kamp.
Indien die eienaar weier, moet hy aanspreeklik gehou word vir enige verdere lewens verlies.

AJ

Was dit moord, selfmoord of n ongeluk? Ek wonder maar net…

Casper

Na die eerste insident moes die eienaar die plek ontoeganklik vir die publiek gemaak het.Hoekom het hulle vuurwapens by hulle gehad.

Gert

Nee kyk bou ‘n heining wat voertuie kan stop en sluit die plek in die aand. Regtig teveel mense gaan nou daar dood