Twee vermeende rowers is doodgeskiet en ʼn derde gewond, nadat hulle Woensdagaand glo by ʼn huis op ʼn plaas in die Walkerville-gebied, suid van Johannesburg, ingebreek het.
Kapt. Teboho Lephoto, woordvoerder van die polisie, het gesê die eienaar van die huis het omstreeks 23:00 wakker geskrik van die geluid van glas wat breek. Hy het opgestaan om ondersoek in te stel en het hom in ʼn gewapende rower vasgeloop.
“ʼn Struweling het ontstaan en die man kon daarin slaag om die rower se vuurwapen af te neem en hom te skiet. Die verdagte is op die toneel dood,” het Lephoto gesê. “Die man het daarna deur die venster gesien hoe nog mense buite die huis beweeg en het verskeie skote deur die venster afgevuur.”
Volgens die Lephoto het die man gaan ondersoek instel en gesien een verdagte is buite doodgeskiet en ʼn tweede gewond. Hy het toe die polisie ontbied. Die gewonde verdagte is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas.
Lephoto het gesê ʼn saak van huisbraak is geopen. ʼn Geregtelike doodsondersoek word ook gedoen. Hy kon nie die naam van die eienaar van die huis bekend maak nie.
“Inbrekers”? Een was dan klaar binne of hoe?
Dis al wat help skiet en skiet raak al drie keer by my probeer en skiet is al taal wat hulle verstaan
Lees volgende artikel oor boere wat uitwyk na ander lande, en begin bekommerd raak daaroor. My man is tans in Angola, daar word nie kommersieel geboer nie, die ru-olie prys het gesak en byna alle voedsel word ingevoer . R450 vir 10kg rys, Hoe die arme daar oorleef weet ek nie. Dankie vir elke boer wat nog uithou en mag daar binnekort reen val.
Ja, hy het ingebreek!
Ditsim jou yster! Bly die inwoner het niks oorgekom nie. Laat dit vir alle moordenaars n waarskuwing wees. ONS RAAK GATVOL
10 uit 10 ons boere moet nou paraat wees en hul self, sy familie en eiendom beskerm.
Kyk hoe kom dit terug na hom toe omdat hy een rower doodgeskiet en een gewond het buite die huis. Belaglik
Eddie, het jy n wapen en ken jy die wapen wet?
Blackie, ek neem aan dat jy meen dat die wat buite die huis geskiet was, nie deur die wapenwet geag ‘n bereiging vir die man was nie? Ek stem nie saam nie. Die man het ‘n vuurwapen by die inbreker afgeneem en kon onder omstandighede gereken het dat sy makkers ook gewapen was. Hy het die volste reg om eerste te skiet as sy lewe of dié van sy gesin bedreig is. Hou in gedagte dat die man in ‘n geveg met gewapende rowers betrokke was. Hy kon tog immers nie wag tot hulle eers op hom skiet nie. Na my mening het hy binne die raamwerk van die wet opgetree.
Absoluut reg Veritas. Die ondersoek is formaliteit! Ongelooflik bly hy kon daarin slaag om wapen af te vat en homself beskerm!
Net baie jammer dat die boer nou van moord aangekla kan word vir die dood van die swerkater wat buite die huis dood geskiet is. Volgens wet. In alle geval, vat vyf!
Die wet vir kriminele by kriminele
Ek kan dit nie genoeg se nie ek is so bly in die laaste tyd het n paar boere hulle staal gewys. Ek is so bly hierdie boer en sy familie is veilig en het ongedeerd daarvan afgekom.
Dis die beste artikel vir my vir die jaar …vuilgoed !
Dis net die begin. Van nou af is ons reg vir die moordenaars. Ons in oorlog gewikkel, ons moet hul een voor wees. Ek sè altyd wees net wakker.. Mooi so aan die boer.
As dit met my moet gebeur en daars geen ooggetuies nie, raak ek van die lyke ontslae en BLY STIL, want as mens dit by die SAPD aanmeld, word jy wat jouzelf verdedig het teen n misdadiger uitgekryt as “die wit rassistiese moordenaar” en dan volg daar n lang DUUR hofsaak en tronkstraf
Jaco. Dis waarom ek met varke boer. Mens moet ontslae raak van “bewyse” Ons familie moet beurte maak om snags wag te staan op ons plaas, dis al genade !!!
Respek aan hierdie persoon wat paraat was.
MM is daar enige rede hoekom my kommentaar verwyder is?
@Alida- onthou ons bly in ‘n kommunisties land… GEEN VRYHEID VAN SPRAAK NIE. Dis die eerste beginsel(First Amendment) in laaste vrye lande, soos Amerika. Ons media, nl. ALLE media in SA, groot en klein, is ingeweef met mekaar en verrot tot in die wortel, onderworpe aan die NWO. Die nuwe, half vrye media, is sekere internet webtuistes- geen in SA.
Klippies of Klokke?
Weet nie so mooi of hierdie man so paraat was nie. Ek lees hy het die breek van glas gehoor. Stap sonder enige wapen uit, raak in n geveg met n gewapende man betrokke, neem sy wapen af en skiet hom dan . Hy was mynsinsiens baie onverantwoordelik. Kon die slegste daarvan afgekom het.
Humor, watter ander opsie het hy gehad? Oorgee sodat die booswigte kon moor en plunder soos hulle wou? Ek ken nie al die feite rondom die petalje nie maar die resultate is wat tel. Die man het op sy grondwetlike regte aangedring. Hy het die reg om homself en sy familie te beskerm.
Humor, gelukkig het dit nie sleg uitgedraai vir hom nie. Kom ons celebrate hierdie 1 keer wat sonder n wapen geluide opvolg nie in groot hartseer ontaard het nie!
Baie dankbaar dat die plaaseienaar nie net nog deel van statistiek geword het nie. Wees paraat!
Dit klink asof die inbrekers hulle teen iemand soos Jan van Till uit Rustenburgse wereld vasgeloop het.
As daar oorlog is, dan moet jy veg..
Hoeveel van ons BOERE word daagliks vermoor en dan word die moordenaars nie op gespoor nie en sake sloer vir maande en jare….oog vir n oog,Die boer het homself en sy gesin beskerm,en laat ek raai hy gaan seker nou aan gekla word vir MOORD omdat hy sy gesin beskerm het.Hulle mag ons mag nie.well done boer die geluk was aan jou kant.
Dit is fantasties om te hoor dat hulle NOOIT weer sal praat en die “skieter” in die moeilikheid kan kry nie… As hy in my huis kom en ek is in staat om myself te verdedig op daardie oomblik stap hy nie weer uit nie…
Ai,Maroela,hoekom is julle opskrif so sag op die boewe,die opskrif moes lees gewapende rowers nie “inbrekers” nie!
Mooi werk!!
Mnr die Boer, ek hoop jy lees al die positiewe kommentare! Bravo!! Dit moet angswekkend wees om te besef iemand het jou huis sonder jou toestemming betree – veral as jy niemand genooi het nie. Hoop als verloop seepglad vir jou. Seën met jou boerdery – jou mense (wel meeste) staan bankvas agter jou en elke ander boer wat nog moeite doen om ‘n plaaslewe te handhaaf. Dis beslis nie vir hul lekker of maklik nie en bitter duur.
BOER is nie vir sissies. Wees STERK ons GLO in ‘n LEWENDE GOD. So dankbaar sterkte aan al die Boere hulle is elke oomblik in ons gedagtes. Wees nie bevrees maar gewapen te alle tye ..ook as daar net ‘n draai geloop word of ondersoek ingestel word. JULLE IS KOSBAAR VIR ALMAL !
Dis maar hoe die liberalisme werk. Die staat sal sorg dat die reg die misdadigers beskerm, terwyl die eerbare belastingbetalende burgery die slegte ouens is.